Net 20,6% water in damme oor
Nasionale damme het gesamentlik net ’n vyfde van hul water oor, terwyl Namibië se reënseisoen traag is om te begin.
Elvira Hattingh - Damme in Namibië het in totaal net 20,6% of 144,030 Mm³ (miljoen kubieke meter) water oor, vergeleke met dieselfde tyd verlede jaar toe dit op 37,2% gestaan het.
Dít volgens die jongste damverslag wat NamWater Maandag uitgereik het.
Die Gobabis-omgewing is steeds die gebied met die leegste damme.
Tans is dié damme gemiddeld 1% vol, met die Otjiverodam wat net sowat 1,8% water oorhet. Die Tilda Viljoendam hou tans 0,8% water en die Daan Viljoendam 0,5%.
NamWater sê hy moes beide die Tilda Viljoendam en die Otjiverodam se vlakke skat omdat die water reeds onder die laagste punt van onttrekking is en dit dus nie op die plaat gemeet kon word nie.
Gesamentlik is net sowat 0,186 Mm³ water in Gobabis se drie damme oor, vergeleke met dieselfde tyd verlede jaar se 0,811 Mm³.
Damme in die sentrale dele van die land het gesamentlik 15,5% water oor, met die Von Bachdam wat tans 36,1% vol is. Die Swakoppoortdam is slegs 5,5% vol, terwyl die Omatakodam leeg is.
Dié drie damme, wat onder meer Windhoek van water voorsien, het gesamentlik net sowat 20,635 Mm³ water oor, terwyl dit verlede jaar dieselfde tyd nog 37,953 Mm³ water oorgehad het.
Wateroorplasings van die Swakoppoortdam na die Von Bachdam is op 4 November gestaak.
Die Friedenau- en Goreangabdam is onderskeidelik 22,1% en 93,8% vol.
In die Suide staan die gemiddeld tans op 25,3% en hou die Nautedam tans die meeste water – dit is 75,7% vol en hou 63,309 Mm³ water.
Die Hardapdam, Namibië se grootste naas die bykans voltooide Neckartaldam, is tans 10,5% vol en bevat nog 30,958 Mm³ water.
NamWater het vroeër aan Republikein gesê hy sal watertoevoer vir besproeiing rondom die Hardapdam staak wanneer ’n vlak van 4,5% bereik is.
Dié vlak sal na verwagtign teen einde Desember vanjaar bereik word.
Rehoboth se Oanobdam is 41,7% vol.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie