Net 19 nuwe Covid-19-gevalle
Net 19 nuwe Covid-19-gevalle

Net 19 nuwe Covid-19-gevalle

Henriette Lamprecht
Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, sê uit 967 weefselmonsters wat getoets is, het 19 positief vir Covid-19 getoets. Hiervan is 13 vroue en ses mans. Die jongste is vier jaar oud en die oudste 75 jaar oud. Uit die 19 nuwe gevalle was 12 in Windhoek, vyf in Oshakati en een elk in onderskeidelik Karasburg en Oshikuku.

Volgens Shangula het nog 150 mense herstel wat die totaal op 8 937 te staan bring. Dit sluit 89 in Khomas, 22 in Erongo, 19 in Hardap, 17 in //Kharas en een elk in onderskeidelik Zambezi, Kunene en Omusati.

Uit die 2 082 aktiewe gevalle is 15 baie ernstig of kritiek. Dit sluit een baie ernstige en drie kritieke gevalle in Erongo en drie baie ernstige en agt kritieke gevalle in Khomas in. Die sterftesyfer staan op 121 en volgens Shangula word 9 642 kontakte huidig gemonitor. Tot op hede is 97 008 weefselmonsters getoets en is 1 145 mense in kwarantyngeriewe oraloor in die land.

Kommentaar

Republikein 2025-05-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer