Net 14,5% van gesondheidswerkers ten volle ingeënt
President Hage Geingob sê net 14,5% van gesondheidswerkers in die land is ten volle teen Covid-19 ingeënt. In Khomas is 13,9% van inwoners en in Hardap 12,6% van inwoners ten volle ingeënt. Volgens Geingob was die gemiddelde aantal dosisse entstof wat per dag toegedien is, 3 560 per dag. Die staatshoof sê 15,1% van die land se inwoners het tot dusver een dosis entstof ontvang, terwyl 9% ten volle ingeënt is.


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie