Nelson Mandelaweg binnekort weer oop
Nelson Mandelaweg binnekort weer oop

Nelson Mandelaweg binnekort weer oop

Verkeersknope op Nelson Mandelaweg sal binnekort iets van die verlede wees.
Catherine Sasman
Catherine Sasman - Windhoekers is keelvol ná die week lange sluiting van die stuk pad op Nelson Mandelaweg by die kruising met Metjestraat in Klein Windhoek.

Die sluiting het verkeersknope veroorsaak en groot vragmotors is gedwing om van smal systrate gebruik te maak om die reusegat in die pad te vermy.

Windhoek se munisipaliteit het belowe die krisis is binnekort iets van die verlede.

Hul woordvoerder, me. Lydia Amutenya, het Vrydag gesê ’n pyp het gebreek, en herstelwerk was ’n uitdaging.

Die pyp het op 5 Oktober reeds gebars.

Die sementpyp van 600 mm het dié dag omstreeks 15:00 gebars en is teen 16:30 dieselfde dag afgesper.

“Dit was ’n uitdaging om die gebarste pyp oop te kry weens baie ander voorwerpe, soos waterpype en Telecom se kragkabels wat ook daar begrawe is. Daarom het herstelwerk aan die pyp langer geneem,” het Amutenya gesê.

Sy het gesê die werklike herstelwerk was teen 7 Oktober reeds voltooi, maar die pad kon eers herstel word sodra dit heeltemal droog was.



- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-06-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer