Nelson Mandela-dag met Muay Thai gevier
Die Verenigde Nasie se Inligtingsentrum (UNIC) het Nelson Mandela-dag gevier deur ’n selfverdedigingklas in samewerking met die Combat-klub wat fokus op Muay Thai, in Windhoek vir meisies van die Jakob Marengo Beroepskollege aan te bied. Die klas is gemotiveer danksy die hoë voorkoms van geweld teen vroue in Namibië en om die meisies sodoende te bemagtig. Mnr. Pedro Costa, instrukteur verbonde aan die Combat-klub en mnr. Festus Mwandinigi het die klas aangebied. Foto Tanja Bause
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie