Nekundi vra meer tyd
Estelle de Bruyn - Die Swapo-agterbanker, mnr. Veikko Nekundi, het Donderdag by wyse van 'n dringende vraag meer tyd gevra om wetsontwerpe voor die tertafellegging daarvan te bestudeer.
Hy sê hy het opgemerk dat wetsontwerpe reeds, kort nadat die parlement geopen het, ter tafel gelê word.
Hy sê in die verlede het die speaker reeds gevra dat wetsontwerpe vroegtydig beskikbaar gestel moet word sodat lede van die huis dit eers noukeurig kan bestudeer.
Nekundi wou van die eerste minister weet of sy die versekering kan gee dat dit wel vanjaar die geval sal wees.
Die eerste minister, me. Saara Kuugongelwa-Amadhila, het gesê dit is die beleid om wetsontwerpe vroegtydig beskikbaar te stel.
Tog wys sy daarop dat alvorens wetgewing na die Nasionale Vergadering (NV) gebring word, dit gewoonlik reeds by wyse van openbare verhore en beraadslaging met belanghebbendes bekend is.
Sy het lede van die NV aangeraai om in hul hoedanigheid as landsburgers van hierdie geleenthede gebruik te maak en hulself van die inhoud van wetsontwerpe te vergewis vóór dit na die NV gebring word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie