Nege sterftes, 42 nuwe gevalle
Nege sterftes, 42 nuwe gevalle

Nege sterftes, 42 nuwe gevalle

Henriette Lamprecht
Nege Covid-19-verwante sterftes - twee in Keetmanshoop, een in Khorixas, drie in Mariental en een elk in onderskeidelik Windhoek, Usakos en Walvisbaai - het die syfer vir Namibië sedert die aanvang van die pandemie in Maart verlede jaar tot 474 opgestoot. Vandag is 42 nuwe gevalle aangeteken waarvan tien leerlinge, vyf gesondheidswerkers, twee onderwysers en twee studente is.

Die aktiewe gevalle staan tans op 2 190 waarvan 187 in die hospitaal en 28 in ICU is. Nog 279 mense het herstel wat die totaal op 38 793 en 'n herstelkoers van 94% te staan bring. Tans is 1 594 mense in kwarantyn en 3 998 kontakte word gemonitor.

Kommentaar

Republikein 2026-05-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer