Nege sterftes, 261 nuwe gevalle
Nege sterftes, 261 nuwe gevalle

Nege sterftes, 261 nuwe gevalle

Henriette Lamprecht
Die Covid-19-verwante sterftes vir Namibië styg met nege - vyf in Windhoek, twee in Rehoboth en een elk in onderskeidelik Grootfontein en Tsandi - tot 774. Vandag is 261 nuwe gevalle aangemeld waarvan 26 leerlinge, vyf onderwysers en nege gesondheidswerkers is. Die aktiewe gevalle staan tans op 3 062 waarvan 243 in die hospitaal en 60 in die ICU is. Tot op hede het 49 360 (93%) gevalle herstel en is 62 174 mense teen Covid-19 ingeënt.

Tans is 1 486 mense in kwarantyn en 3 093 kontakte word gemonitor.

Kommentaar

Republikein 2026-02-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer