Nege Covid-9-verwante sterftes, meer as duisend herstel
Die nege nuwe sterftes, drie elk van Windhoek en Otjiwarongo, twee van Usakos en een van Katima Mulilo, het die totaal vir die land na 310 opgestoot. Vandag is 262 nuwe gevalle aangemeld waarvan onder meer 79 in Windhoek, 28 in Oshakati, 19 in Katima Mulilo en Swakopmund en 14 in Engela aangeteken is.
Nog 1 004 mense het herstel wat die totaal op 29 230 te staan bring. Dit sluit 786 in Oshana, 105 in Khomas, 43 in Hardap, 42 in //Kharas, 21 in Erongo en 7 in Kunene in.
Die aktiewe gevalle staan op 1 968 waarvan 235 in die hospitaal en 27 in intensiewesorgeenhede (ICU) is. In Windhoek is 83 mense in die hospitaal en 17 in ICU, terwyl 52 in Zambezi in die hospitaal en een in ICU is.
Tot op hede is 247 890 weefselmonsters getoets, 5 895 kontakte word gemonitor en 1 923 mense is in kwarantyn.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie