• Tuisblad
  • Sake
  • NEF bekommerd oor werkskepping, ongelyke inkomsteverdeling
NEF bekommerd oor werkskepping, ongelyke inkomsteverdeling
NEF bekommerd oor werkskepping, ongelyke inkomsteverdeling

NEF bekommerd oor werkskepping, ongelyke inkomsteverdeling

Elvira Hattingh
Adv. Vekuii Rukoro, oudpresident van die Namibiese Werkgewersfederasie (NEF), het in sy toespraak tydens die jaarvergadering op Dinsdag gesê die private sektor sal nie werksgeleenthede skep solank dit meer en meer burokratiese regulasies die hoof moet bied nie.
“Die enigste en ware manier om werk te skep, is om dit makliker vir werkgewers te maak om meer mense in diens te neem.”
Terselfdertyd het die gasspreker, mnr. Brand Pretorius (afgetrede uitvoerende hoof van McCarthy Limited), gesê hy is ten gunste van regverdige bemagtiging wat tot ‘n meer gelyke ekonomie lei en dat dit nodig is vir volhoubare sukses.
“Doen wat julle kan om transformasie en bemagtiging te versnel. As ons nie ‘n meer gelyke ekonomie skep nie, sal ons onder ernstige sosiale onstabiliteit begin deurloop en sal ons nie langer ‘n besigheidsklimaat hê nie.”

Kommentaar

Republikein 2026-05-01

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer