Neef Koos se knal laat die fondamente beef
Net daar waar die geskraapte vispaadjie teen die see doodloop, het oorle Con se kamp gestaan. Con Katzke ja, destyds die man van padveiligheid, rofstoeier van formaat en amperse Springbok-rugbyspeler en met sy groot gestalte burgemeester van Windhoek.
Hier in die week van die seestorm oor die nuwe viswet is by Jakkalsputz aangery. Soos Myl 72, Myl 108 en dan verder noord Torra en Terrace toe is dit een van die kampeerterreine waaroor die see se golwe slaan. Dit was die goeie jare van eerstes kom eerste met spesifieke staanplekke wat nie bespreek kon word nie. Noord en suid van die toegangspad moet jy op die gemaakte banke vat wat jy kry, maar net nie Con se plek nie.
Almal in hul viskarre het by Con aangery. Dit was die plek waar die vorige dag se vangste en die grootste visse aangemeld was.
'n Ongeskrewe inligtingsburo waar verneem kon word wanneer die waterlorrie weer gaan ry.
Op Hentiesbaai het Francois Snijders van Namibia Wildlife Resorts verseker kom Krismis gaan die kampe oop wees. Ook Jakkalsputz as Hentiesbaai se buurmannetjie. Dit gaan vat kos, meen ek hier by Jakkalsputz se afdraai, want al wat nog bra nuut en taamlik standhoudend lyk, is NWR se bordjie dat die plek toe is. Nie dat dit nodig is nie, want stukkende braaiplekke en gevalle betonbakentjies vertel die storie.
Juis 'n besoek op uitnodiging aan Hartenbos by Mosselbaai het die ou waarde van die sentrale kus se uitspanplekke by my ingebrand. Doer in die vreemde kampeer die ouens in woonwaens met sytente.
Opvoustoele onder 'n seiltjie, TV-stelle waar die dag se sondes en sport gevolg kan word en manne en vroue wat rooiwyn drink wanneer die sifreëntjie van die see se kant kom val. Sawends elektriese ligte en manne wat met kopflitse die donkerder hoekies verken.
Net dalk neem hulle die aand 'n video uit en nooi jou om na Clint Eastwood te kom kyk.
Daar's g'n gaslampe wat soos in Namibië kampe teen die donker blaas nie. Daarvoor is die kragpunte daar.
So speel die gedagtes by my Jakkalsputz-stilhouplek.
Ons vermaak was anders. Wanneer dit aand word, is oorgestap na 'n buurman se kamp waar 'n vryersklong sy kitaar se snare sagkens in die aandwind streel en hy sy liedjie van verlange sing.
Vir toiletdienste was daar lank gelede al planne soos die veepos se Jeepie wat net voor skemer of opstaantyd sy nagkarrondes ry. 'n Handige Hansie het tuis 'n mobiele stort geprakseer met 'n handpomp. Dit was ook hy wat die tentpenne geslyp en die kapplek gesweis het. Afhangende van waar die wasplek en die seep was, was die wekroep uit die stortplek net “Pomp, Jannie, pomp!”.
Op die gebied van toiletdienste was in die pakkerasie plek gemaak vir Ouma Annie se “commode”. Juis haar nagstoel het haar elke jaar oorgehaal om saam te kom. Haar ouderdom het gekom, maar die higiëne het gebly. Daarom vee sy die ringetjie met 'n sneesdoekie af voordat sy haar sit kom kry.
Kyk die huisie by my Jakkalsputz-stilhouplek so en sien die fondament van die kaiatjie lê middeltwee. Wonder of dit Neef Koos se kanonskoot was wat die beton met die knal laat breek het.
Elkeen het destyds sy eie blikbekertjie gekry met eie blommetjies op. Die gabbatjie was joune om self met 'n snertsie water te was om die skottelgoed min te hou. Voordag was dit die kommetjie vir tandeborsel.
Klein Jorsie het nog nie die droogmaakkuns so mooi geken nie, daarom kla hy die oggend se Trekkerkoffie van die kan smaak na Kolynos.
Die NWR moet weet Namibiërs is maklik. Maak vroeg 'n plan met Jakkalsputz, Myl 72 en Myl 108.
En . . .
Stop die stuitigheid met die nuwe viswet!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie