NEEEF op dreef
Tydens ‘n drie-uur-lange inligtingsessie gister by Staatshuis het pres. Hage Geingob, lede van sy kabinet en sy raadgewers oop kaarte met die media gespeel oor die stand van sake in die land.
Estelle de Bruyn - Die Nuwe Gelyke Ekonomiese Bemagtigingsraamwerk (NEEEF) is na aan afgehandel. So sê pres. Hage Geingob wat gister by Staatshuis ‘n oorsig oor die jaar gegee het.
“As ‘n regering wat op versoeke reageer, het ons die sperdatum vir bydraes van NEEEF-belanghebbendes verskeie kere uitgestel. Ons is daarom vol vertroue dat ons nader aan ‘n wen-wen-uitkoms in die gees van Harambee is. Wat seker is, is dat ons meer moet doen om ongelykheid in Namibië te verminder, aangesien daar te veel op die spel is indien ons dit nie doen nie.
“Ondanks welslae met die vermindering van armoede, bly die Gini-koeffisiënt hoog. Om dié rede moedig ons almal aan om hande te vat om ongelykheid wat die bestaan van ons demokrasie in gevaar kan stel, die hoof te bied,” het Geingob gesê.
Hy het ook voorbeelde genoem van sekere aktiwiteite wat daarop gemik is om plaaslike produksie en werkskepping in die vervaardigingsektor te stimuleer.
‘n Bystandskema vir toerusting is heringestel en daar is begin met die lewer van dienste op nywerheidsgrond by Brakwater. Die bou van ‘n meubelfabriek op Keetmanshoop nader voltooiing. Hierdie fabriek sal volgens Geingob in die toekoms ‘n sleutelrol in die produksie van noodsaaklike meubels vir skole en hospitale speel en sodoende invoere vervang en die handelsbalans verbeter.
Op Outapi vorder bouwerk aan ‘n klerefabriek goed. Hierdie fabriek sal saam met ‘n soortgelyke fabriek op Otjiwarongo, voortaan skooluniforms en uniforms vir die polisie en weermag vervaardig.
Planne om die noordelike leerlooiery optimaal te benut, nader volgens die president ook voltooiing en behoort betekenisvolle waarde tot die landbousektor in die noordelike kommunale gebiede toe te voeg.
Volgens Geingob word Namibië se mededingendheid aan bande gelê deur ‘n werkmag wat onvoldoende opgelei is, toegang tot finansiering, beperkende arbeidsregulasies, ‘n swak werksetiek, korrupsie en ondoeltreffende burokrasie in die staatsdiens.
Hy het opnuut die belangrikheid van Namibië se posisionering as mededingende deurgangsmark na die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) en die sub-Sahara-streek van Afrika beklemtoon, veral in die lig van die klein plaaslike mark.
“Ekonomiese mededingendheid moet as ‘n betekenisvolle strategie in die multi-dimensionele oorlog teen armoede beskou word. Van die sleutelhervormings wat nodig is om ons ekonomiese mededingendheid te verbeter, sluit in die harmonisering en integrasie van verskeie prosesse om sakeondernemings te registreer, wat tans onder verskeie kantore, ministeries en agentskappe van die regering val. Dit moet in ‘n geïntegreerde kliëntediens saamgevat word,” het Geingob gesê.
Daar is volgens hom reeds met die proses begin en ‘n aantal slypskole is met belanghebbendes gehou om beter begrip vir die vereiste hervormings te kry.
Om hierdie hervormings te versnel, sal ‘n elektroniese een-stop-diens deel van die proses moet uitmaak. Dit moet onder meer voorsiening maak vir 13 e-dienste wat die volgende insluit: registrasie van beslote korporasies; maatskappye; alleeneienaarskappe; werkgewers se maatskaplike voorsorgfondsnommers; werknemers se maatskaplike voorsorgfondsnommers; sertifikate vir waarde op toegevoegde belasting; persoonlike belasting en handelsmerke. Dit moet ook voorsiening maak vir die uitreiking van belastingsertifikate, in- en uitvoerpermitte, asook aansoeke om werkpermitte.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie