NEEEB verg mooi dink
NEEEB verg mooi dink

NEEEB verg mooi dink

Dani Booysen
Dani Booysen - In die sakesektor en onder Namibiërs in die algemeen bly die nuwe wetsontwerp oor gelyke ekonomiese bemagtiging (NEEEB) ’n vuurwarm patat.
Die groot hoeveelhede leserskommentaar wat oor hierdie onderwerp instroom, is getuienis hiervan.
Verlede week het die kommissie vir regshervorming en -ontwikkeling, die LRDC, ontken dat dié plan rassisties is. Baie sakelui ervaar dit verskillend.
Die Grondwet maak voorsiening vir die uitwissing van ongelykhede en alle Namibiërs behoort begrip te hê dat daar nog baie bemagtiging in ons land nodig is. Die vraag is wat die beste maniere is om dit te bereik. Of volhoubare bemagtiging onder dwang kan geskied, is ’n ope vraag.
’n Hofsaak wat die grondwetlikheid van NEEEB sal toets sodra dit as wetgewing deurgevoer is, is waarskynlik ’n uitgemaakte saak. Selfs die LRDC moes erken dat die reg om vrylik sake te doen en die reg op vrye assosiasie potensieel kan skade ly.
Die wydlopende aard van NEEEB is ook vir baie kritici aanvegbaar. Dit stel nie watter soort besighede onderworpe daaraan sal wees, of hoe groot omset en winste byvoorbeeld moet wees nie. Polisiëring van die totale sakesektor sal ’n administratiewe las skep wat moeilik behartig kan word.
Soos met die beplande wysiging van burgerregte wat katastrofies misluk het, moet wetskrywers en wetgewers baie goed oor die doeltreffendheid en gevolge van hierdie plan in sy huidige vorm nadink.
Wanneer welvaartskepping onder druk kom, is daar gewoonlik outomaties minder welvaart om te deel.

So sê ander
6 Augustus 2016

An Olympic potential

There hasn’t yet been much discussion of potential demonstrations in Rio. But given the geopolitical climate we currently find ourselves in it would hardly be surprising to see acts of solidarity between athletes. The climate almost demands it, and the precedent is certainly there.
With that said, there is a flip side. The Olympics do present a reprieve. In their purest form, they create a two week distraction from the negative­ news around the world as the greatest athletes in the world come together to manifest their dreams. For two weeks, we’ll all be able to acknowledge that while, yes, things at the moment are hectic and confusing and at times scary, there is still a lot of good in the world. What better representation of that than a gathering of nations to recognize outstanding achievement and the capacity to dream?
That’s what the Olympics have been, are and always will be.
• THE RED & BLACK

Kommentaar

Republikein 2025-12-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer