u2018Neeu2019 vir notering druk bitcoin-prys af
u2018Neeu2019 vir notering druk bitcoin-prys af

‘Nee’ vir notering druk bitcoin-prys af

Estelle de Bruyn
Die waarde van die bitcoin het Vrydag met tot 18% teenoor die dollar geval nadat Amerikaanse owerhede ’n stokkie gesteek het voor ’n beursverhandelde fonds (ETF) in dié virtuele geldeenheid.

Die Securities and Exchange Commission (SEC), die beheerliggaam oor genoteerde maatskappye in die VSA, het ’n voorstel vir ’n ETF bekend as Coin verwerp wat ingedien is deur die welbekende Winklevoss-tweeling.

Dié twee internet-entrepreneurs wou hul Winklevoss Bitcoin Trust op die Bats-beurs noteer.

Die waarde van die bitcoin het ná die besluit Vrydag tot $978,76, die laagste in meer as ’n maand, gedaal. Dit het daarna weer ietwat herstel.

Die afgelope maand het die bitcoin tot selfs $1 300 gestyg omdat beleggers gehoop het die notering van ’n bitcoin-ETF sal wyer belangstelling daarin lok en dus die waarde verder opstoot. Dit is tans méér werd as ’n fynons goud, wat op die oomblik in die omgewing van $1 200 verhandel.

Tyler en Cameron Winklevoss is bekend om hul twis met Mark Zuckerberg oor die oorsprong van Facebook. Die twee Harvard-studente (waar Zuckerberg ook gestudeer het) het Zuckerberg in 2003 gevra om te werk aan die sosiale netwerk ConnectU (aanvanklik HarvardConnection), maar hy het toe ’n mededingende webwerf vir Harvard-studente, www.thefacebook.com, ontwikkel. Hulle en ander medewerkers het eindelik ’n uitbetaling van $65 miljoen van Facebook ontvang.

Ná die SEC-besluit sê die Winkelvoss-tweeling hulle gaan steeds met die SEC saamwerk om hul bitcoin-droom te verwesentlik. Hulle onderhandel al vier jaar lank daaroor. Tyler het in ’n verklaring gesê hulle bly “optimisties en verbind daartoe” om die ETF te noteer.

Die SEC sê die verhandeling in bitcoin sal teen Amerikaanse wetgewing, spesifiek die Exchange Act, wees omdat “beduidende markte vir bitcoin ongereguleer is”.

Bitcoin word deur sommige mense ingespan as ’n veilige hawe, amper soos goud. Dit is veral waar in lande met wisselvallige geldeenhede, soos Brasilië en Rusland, het prof. Nafis Alam van die Sunway-Universiteit en prof. Graham Kendall van die Universiteit van Nottingham die afgelope week op die webwerf The Conversation geskryf.

Bitcoin het in 2016 beter gevaar as die meeste geldeenhede, aandelebeurse en hulpbron-termynkontrakte.

Spekulante speel ook ’n groot rol om die waarde daarvan op te druk. Dit skep ’n risiko dat die geldeenheid in duie kan stort.

Daar is egter ook ’n relatief beperkte aantal bitcoins (nagenoeg 16,2 miljoen) in omloop, en ’n onderneming dat ’n maksimum van 21 miljoen op enige gegewe tyd sal bestaan. Dit kan die prys ondersteun.

Vertroue in die bitcoin is die afgelope paar jaar ietwat geskend deur kuberaanvalle waarin groot hoeveelhede van die kriptogeldeenheid “gesteel” is, en deur voorvalle van bedrog.

Daar is wel ’n beweging deur banke en sentrale regerings om kriptogeldeenhede en die verhandeling daarin te reguleer, met die Britse regering wat onlangs ’n witskrif daaroor uitgereik het.

Banke sien ook al hoe meer die waarde in die blokketting-tegnologie wat bitcoin rugsteun.

Aansoeke vir nog twee bitcoin-ETF’s, Bitcoin Investment Trust en SolidX Bitcoin Trust, moet nog oorweeg word. Die Winklevoss-beslissing maak dit egter onwaarskynlik dat dié ETF’s die jawoord sal kry.

Die SEC se verklaring laat wel die deur oop dat sy besluit kan verander indien die bitcoin-mark voldoende ontwikkel.

Bronne: Bloomberg, CNBC, The Conversation, Wikipedia

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Sassuolo 0 vs 2 Cagliari | Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Sassuolo 0 vs 2 Cagliari | Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%