Nee dankie vir kredietkaart, sê millenniërs
Millenniërs word daarvan beskuldig dat hulle verskeie bedrywe omgekeer het – van koerante tot winkelsentrums. Kredietkaarte is klaarblyklik volgende.
Net een uit elke drie Amerikaanse millenniërs besit 'n kredietkaart, volgens 'n opname deur Bankrate.com.
Die meeste ouer Amerikaners het een of meer kredietkaarte in hul beursies.
Daarby het 'n opname deur die Amerikaanse Federale Reserweraad (Fed) bevind dat diegene tussen die ouderdom van 18 en 24 dit verkies om kontant te betaal. Indien hulle wel 'n kaart gebruik, is dit eerder 'n debietkaart as 'n kredietkaart.
Hierdie tendens voorspel niks goed vir banke soos JPMorgan Chase of betalingsnetwerke soos Visa en MasterCard nie. Die geld wat hulle verdien op debietkaarttransaksies is baie laer as dié vir kredietkaarte.
Dit lyk asof die wêreldwye finansiële krisis van 2008, asook die stygende koste van tersiêre onderrig die jong mense versigtig gemaak het om skuld aan te gaan.
meer geneig tot studieskuld
“Hulle het die groot resessie beleef net toe hulle met universiteit of 'n loopbaan wou begin het, of dit oorweeg het om 'n huis te koop,” sê Errin Currier, direkteur van finansiële sekerheid by PewCharitable Trusts.
“Hulle is baie sensitief oor hierdie lewensondervinding.”
Millenniërs in die VSA is meer geneig om studieskuld te hê as die ouer geslagte.
Omtrent 41% van hulle skuld nog geld vir hul tersiêre opleiding, volgens 'n Pew-verslag van 2015.
Dit is hoog vergeleke met hul ouers en Generasie X se 26% op die hoogtepunt van die meting en die naoorlogse geslag, die Baby Boomers, wie se studieskuld op 13% 'n toppunt bereik het. Húl ouers, die mense wat deur die twee Wêreldoorloë geleef het, se studieskuld van die hele segment was algeheel net 3%.
Die las van studieskuld is ook swaarder op millenniërs.
Van 1990 tot 2015 het die bedrag studieskuld vir 'n tipiese baccalaureusgraad met ongeveer 164% gestyg, volgens data van die Amerikaanse departement van onderwys.
Dit is hierdie groot skuldverpligting wat die jong mense se weerstand teen die leen van geld verduidelik, sê Currier.
Sy voorspel dat hulle nooit so gemaklik met kredietkaarte sal raak soos die vorige geslagte nie.
TransUnion bevestig dat millenniërs minder kaarte en laer bankbalanse het as wat Generasie X op dieselfde ouderdom (21 tot 34) gehad het.
Dit is deels te wyte aan wetgewing wat die bemarking van kredietkaarte op kampusse verbied en die gevolglike toename in die gebruik van debietkaarte onder die naskoolse jeug. Millenniërs verkies dit ook om eerder motorlenings of persoonlike lenings vir spesifieke doeleindes uit te neem as om 'n kredietkaart te kry. – Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie