Nedersettings platgevee in aardbewing
Papoea-Nieu-Guinee
Hele nedersettings is met die aarde gelykgemaak en waterbronne is besoedel deur 'n kragtige aardbewing waarin minstens 20 mense in Papoea-Nieu-Guinee dood is.
Volgens inwoners sukkel reddingswerkers nog om gebiede wat die swaarste getref is, in die land se afgeleë bergagtige hooglande te bereik.
Die aardbewing, wat 7,5 op die Richterskaal geregistreer het, het die suidelike hooglande, ongeveer 560 km noordwes van die hoofstad, Port Moresby, getref en grondstortings meegebring, mynbou-, gas- en kraginfrastruktuur beskadig en kommunikasie afgesny.
Etlike naskokke het reddingspogings die afgelope twee dae in die wiele gery. – Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie