Nedbank se belegging in Wes-Afrika laat syfers blink

Plaaslike bedrywighede groei stadig

08 August 2018 | Bankwese
Elvira Wood – Waar Nedbank se bedrywighede in die res van Afrika voorheen ’n doring in sy vlees was, het dit hom nou gehelp om ’n stewige wins te maak.

Die bank sê Dinsdagoggend sy wesensverdienste het met 27% tot R6,7 miljard gedurende die eerste ses maande van die jaar gestyg.

Dit is teenoor ’n jaar tevore.

Die goeie groei in wins is hoofsaaklik daaraan te danke dat Ecobank Transnational Incorporated, wat in Togo gebaseer is eindelik ook nou winsgewend is.

Ecobank se wesensverdienste het van ’n verlies van R1,162 miljard ’n jaar gelede tot ’n wins van R134 miljoen omgeswaai.

Dit beteken Nedbank verdien nou ’n wins uit die belang wat hy in dié Wes-Afrikaanse bank het.

Nedbank het reeds in 2008 saam met dié bank begin werk en in 2014 het hy ’n 20%-belang in Ecobank bekom.

Nedbank se wesensverdienste per aandeel het met 26,3% tot R13,87 gestyg.

Sy plaaslike bedrywighede het egter beduidend stadiger gegroei.

Luidens die verklaring wat hy op die JSE se nuusdiens Sens gepubliseer het, het sy kleinhandel- en sakebankdienste (KSB) se wesensverdienste met net 1,5% tot R2,58 miljard gedurende die halfjaar gegroei.

Die bank spog egter nou dat hy vir die eerste keer meer as agt miljoen kliënte het en dat hy bates van meer as R1 000 miljard bestuur.

Wanneer dit by KSB kom, is daar nou 2,8 miljoen kliënte wat Nedbank as hul primêre bank gebruik. Dit is ’n styging van 2,5% teenoor dieselfde tydperk in 2017.

Nedbank sê dit blyk sy nuwe Money-app is baie gewild en is al meer as ’n miljoen keer sedert November 2017 afgelaai.

Die bank het ook ’n totaal van R82 miljard se lenings aan kliënte gedurende die eerste helfte van 2018 goedgekeur.

Hierdie lenings word luidens die bank deur sy kliënte gebruik om hul huise of motors mee te koop, studies te betaal of hul sakeondernemings mee te groei.

Verlede jaar het die bank R76 miljard se lenings gedurende die eerste helfte van die jaar vir dié doeleindes goedgekeur.

Nedbank se aandeelhouers word met ’n tussentydse dividend van R6,95 beloon. Dit is 13,9% hoër as die vorige tussentydse dividend wat betaal is.

Die bank sê kliënte kan gedurende die tweede helfte van die jaar hul oë oophou vir nóg nuwe innovasies wat hy gaan bekendstel.

· Absa het Maandag sy halfjaarresultate uitgereik.Dié bank se genormaliseerde wesensverdienste het met slegs 3% tot R8 miljard gestyg. Sy dividend was ook net 3% hoër op R4,90 per aandeel.

· Standard Bank reik sy halfjaarsyfers op 16 Augustus uit. – Netwerk24

Soortgelyk

 

Man vas oor lewende ietermagô

13 ure gelede | Misdaad

'n Man is Donderdag by 'n vulstasie op Okahandja glo met 'n lewende ietermagô in sy besit in hegtenis geneem. Volgens die woordvoerder van...

Polisieman skiet eks glo

15 ure gelede | Misdaad

'n Polisiebeampte sal Maandag in Walvisbaaise landdroshof op klagte van poging tot moord verskyn ná hy gister glo sy eksmeisie met sy dienspistool geskiet het....

Specialising in skin

1 dag gelede | Gesondheid

Dr Elisah Agaba is a consultant dermatologist at the Ongwediva Medipark university teaching hospital.He is also a senior adjunct lecturer of dermatology at the University...

Resessie slag Namibië

1 dag gelede | Ministeries

Jo-Maré Duddy – Net sowat N$25,5 miljard teen bestendige pryse het die afgelope kwartaal deur die Namibiese ekonomie gevloei – die minste in vyf jaar.Syfers...

Getuie sê Dippenaar het gejaag

1 dag gelede | Howe

Erwin Leuschner – Die saak teen die moordbeskuldigde mnr. Jandré Dippenaar is tot volgende jaar uitgestel.Woensdag het die laaste staatsgetuie in die streekhof op Swakopmund...

Wateraanleg staan twee weke stil

1 dag gelede | Regering

Elvira Hattingh – Windhoek kon vir langer as twee weke geen drinkwater uit rioolwater herwin nie – hoofsaaklik omdat daar te veel chemikalieë, vette, olies...

Kalender 20 September

1 dag gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Die Culture Invasion Festival skop vandag by die sportterrein op Rundu af. Tydens die twee dae lange fees sal verskillende kunstenaars...

Weer vir 20 September 2019

1 dag gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en baie warm in die sentrale Noorde en Noordooste. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie warm wees.KUS: Bewolk en koel tot...

Jol in Japan

1 dag gelede | Kuns en vermaak

Lloyd Zandberg Japan is een van daai lande waaroor mense praat. Nie noodwendig die heeltyd nie. Maar in baie gesprekke, veral om die...