Nedbank Citi Dash mik hoog
Padwedlope
Hoë teikens word gestel vir die Nedbank Citi Dash wat op 23 Junie 2018 in die hart van Windhoek aangebied word met Ernst & Young as 'n medeborg.
Die padwedloop deur die middestad val saam met die internasionale Olimpiese Dag, wat wêreldwyd deur miljoene mense in 160 lande gevier word.
Die organiseerders streef om vir die debuut tweeduisend hardlopers en stappers te lok en dit die grootste eendaagse byeenkoms in Namibië, gemeet aan massadeelname, te maak.
Met opsies oor 5 kilometer of 10 km, hardloop of stap, is dit die perfekte byeenkoms vir die hele familie.
Die bevordering van fiksheid, welstand, gedeelde kulture en onderwys is deel van die Citi Dash se boodskap, terwyl die waardes van uitmuntendheid, vriendskap en respek ook saam met die herdenking van die ontstaan van die moderne Olimpiese Spele gevier word.
By die bekendstelling vandeesweek het Nedbank se me. Elaine Schlechter alle Namibiërs genooi om saam te kom deelneem.
“Ons daag korporatiewe besighede en skole uit om spanne in te skryf. Elke individu is ook welkom om in die prettige uitdaging te kom deel.
“Vir al ons ernstige hardlopers is die 10 km Citi Dash iets spesiaals. Met 'n spertyd van 50 minute is dié kategorie spesiaal bedoel om die talent Namibië se langasems ten toon te stel.”
Die Windhoekse munisipaliteit het by monde van die burgemeester, mnr. Muesee Kazapua, sy volle steun aan die byeenkoms toegesê. Die stadsvaders se noodsaaklike dienste soos die stadspolisie se verkeersafdeling, die brandweer se nooddienste en die parkekantoor sal bystand lewer.
Tien pryse van N$1 000 elk sal op spesifieke plekke in die prethardloop gewen kan word.
Die 10 km roete sal by Nedbank se tak by Ausspannplatz begin, met 'n draaipunt by die Simon de Witbrug en terug, met 'n laaste draai van 1 km rondom Dr. Agostinho Neto-sirkel (voorheen die Snymansirkel).
Net die voorste mans- en vroueatleet in elke kategorie sal in die prysgeld deel, naamlik die elite mens en elite vroue met N$15 000 prysgeld elk; asook die onder 18 seun en meisies met N$10 000 elk. Die eerste gesiggestremde, liggaamlik gestremde of rolstoelatleet sal ook vir prysgeld van N$7 500 in aanmerking kom.
Inskrywings is reeds oop en kaartjies kan aanlyn deur Events Today, die PayToday app, by alle Airtime City outomaatmasjiene, die Eye Store in Maerua Mall of by Cycletec verkry word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie