Nedbank Citi Dash is spoggeleentheid
Padwedlope
Afwagting is reeds aan die opbou vir komende Sondagoggend se 2019-weergawe van die Nedbank Citi Dash padwedlope deur Windhoek se middestad.
Die byeenkoms is goed op pad om in sy doelwit te slaag as Namibië se grootste sportgeleentheid vir die jaar in terme van deelnemergetalle.
Dit dien ook as deel van die land se vieringe van Internasionale Olimpiese Dag.
Die gewilde wedloop deur die hoofstraat Onafhankllikheidslaan het reeds oorweldigende belangstelling van sportliggame, skole, die private sektor en die gewone publiek uitgelok.
Met opsies om 5 kilometer of 10 km te stap of te hardloop, is die Nedbank Citi Dash die perfekte kans vir 'n familie-uitstappie.
Die roete wat uitgelê is om Namibië se hardlooptalent ten toon te stel, begin by die Zoo Park as wegspringpunt en strek suid tot by die Simon de Witt-brug en terug na die middestad.
Terwyl die 5 km afstand daarop gerig is om deelnemergetalle so hoog as moontlik op te stoot, is die 10 km resies die een waarin die betekenisvolle prysgeld op die spel is en wat as 'n tentoonstelling van Namibië se bestes behoort te dien.
Prysgeld sal in die 10 km resiese vir elite mans en vroue se eerste, tweede en derde plekke op die spel staan, asook vir die topdrie in die kategorieë vir rolstoel- en gesiggestremde atlete.
Vir die beste skool, korporatiewe span en hardloopklub sal ook prysgeld uitbetaal word.
Die Windhoekse munisipaliteit verskaf bystandsdienste aan die byeenkoms, insluitend die stadspolisie en verkeersafdeling, brandweer asook die parke- en ontspanningskantoor.
Inskrywings vir die Nedbank Citi Dash is nog tot môre om 18:00 oop op die Events Today webblad. Registrasie en die afhaal van resiesnommers word Saterdag vanaf 14:00 tot 17:00 by die Zoo Park gedoen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie