NDTC bring diamante huis toe
Diamantverkoper mag binnekort méér kopers toelaat.
Augetto Graig
Die Namibia Diamond Trading Company (NDTC) se hoofbestuurder vir verkope en bemarking, mnr. Brent Eiseb, sê hulle gaan binne 'n maand of twee 'n bykomende vlak van kopers bekend stel.
Tans kan net 11grootmaataankopers (sightholders) ongeslypte diamante deur NDTC in Namibië koop.
Eiseb sê die NDTC het 'n groter kliëntebasis nodig om kommersiële risiko's te vermy, en om Namibië se diamantbedryf te verbeter.
“Ons kyk daarna om 'n bykomende geakkrediteerde kopersvlak bekend te stel. Dit sal binne die volgende maand of twee gebeur. Dit sal meebring dat tot klein besighede in kan kom en uiteindelik bied ons hulle moontlik 'n terreinhouer-kontrak aan,” het hy gesê.
NDTC is 'n vennootskap tussen De Beers en die Namibiese regering, wat verantwoordelik is vir die verkoop van diamante aan die plaaslike mark.
Van die grootmaataankopers word dan verwag om die diamante te sorteer, sny, slyp en poets, om waarde aan die klippe te voeg, werk te skep en beleggings in die land aan te moedig.
Onlangs het die minister van myne en energie, mnr. Obeth Kandjoze, met diamantvervaardigers gepraat en gekla dat 80% van diamante ongeslyp uitgevoer is.
Tans word die meerderheid geslypte diamante ook uitgevoer, omdat daar min juweelvervaardigers in die land is.
Volgens NDTC se hoof uitvoerende beampte, mnr. Shihaleni Ndjaba, is daar 'n paar wat tevrede is met 'n spesiale regeringsooreenkoms om geslypte diamante in Namibië te koop.
Ndjaba sê: “In Namibië is NDTC die middelpunt van die diamantbedryf, die skepper en ontwikkelaar van die diamantslypbedryf in die land. Ons het 11 grootmaataankopers wat ongeslypte diamante ontvang, en ons is getrou aan die ontwikkeling van die bedryf om werk te skep en waarde toe te voeg,” sê hy.
In die 10 jaar sedert NDTC se bestaan in November 2007 het hulle N$1,1 miljard in belasting aan die regering betaal, en beide aandeelhouers het 'n inkomste van N$1,7 miljard gedeel.
Volgens Ndjaba het die bedryf werksgeleenthede in 2015 verloor toe net meer as 700 posisies behou is uit meer as 1 200, maar 2016 was 'n jaar van bestendige groei en die nuutste ooreenkoms tussen die land en De Beers laat toe dat US$430 miljoen se diamante plaaslik te koop is byna dubbel soveel as wat tevore te koop was.
In 2016 is meer diamante plaaslik verkoop as ooit.
“Ons werk saam met die ministerie om die toename in diamante te omskep in waardetoevoeging en werkskepping. Ons program is om te verseker ons kliënte gebruik soveel moontlik plaaslik. Ons kan ook nou groter klippe hier verkoop,” het hy gesê.
Volgens Eiseb word verwag dat 2017 ook stabiel sal wees.
Wêreldwyd het die vraag na diamante effens afgeneem, het hy gesê.
Ndjaba het die publiek uitgenooi om die komende Namibiese Mynbou-ekspo by te woon.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie