NDF-plase: 'Ek soek my 5%-kommissie'

'n Middelman sê dit is deur sy toedoen dat die weermag twee duur plase gekoop het en daarom eis hy kommissie.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer



'n Voormalige werkgewer van mnr. Kurt Steinhausen, die Duitse gasteplaas-eienaar wat in 2017 sy plase Oropoko en Otjisemba aan die Namibiese weermag (NDF) verkoop het, eis N$2,3 miljoen as kommissie op die transaksies.

Dit is 3,33% van die verkoopsom van N$69 miljoen vir die twee plase. Hy wou aanvanklik 5% (N$3,45 miljoen) gehad het, terwyl Steinhausen net 1% aangebied het vir sy middelman-rol in die transaksies.

Dié twee plase van sowat 16 000 ha is nagenoeg 130 km van Windhoek af langs die Okahandja-Karibib-pad geleë.

Nuus oor die transaksies het vroeg verlede jaar skokgolwe deur die Namibiese gemeenskap gestuur. Nóg pres. Hage Geingob nóg die minister van finansies, mnr. Calle Schlettwein, was bewus daarvan dat die weermag die plase gekoop het.

Die N$24 miljoen-kooptransaksie vir Otjisemba het intussen deur die mat geval en Steinhausen het aanspraak gemaak op die roukoopbedrag van N$10 miljoen waarvoor daar in die kontrak voorsiening gemaak is.

Dit blyk uit korrespondensie in Republikein se besit dat mnr. Jona Levi, wat by Steinhausen as sjef in diens was, op 8 Julie vanjaar via laasgenoemde se prokureur, mnr. Heiko Stritter van Engling, Stritter & Partners, 'n brief oor die verskuldige kommissie gestuur het.



OPDRAG

Hy eis daarin dat Steinhausen binne sewe dae terugvoering gee.

Levi is in 'n daaropvolgende e-pos deur Stritter in kennis gestel dat hy nie 'n opdrag oor só 'n betaling ontvang het nie. Hy deel Levi ook daarin mee dat Steinhausen intussen vir mnr. Sisa Namandje van Sisa Namandje & Co Inc aangestel het om hom te verteenwoordig.

Op 29 Julie vanjaar versoek Levi mnr. Jackson Janson van laasgenoemde prokureursfirma vir 'n afspraak om die aangeleentheid te bespreek.

Levi sê in die brief, wat hy in Duits aan Steinhausen in Nümbrecht in Duitsland gerig het, hy “weier” om die voorgestelde kommissie van 1% te aanvaar.

“Dit is bekend dat jy in die verlede gespog het jy sal aan wie ook al daarin slaag om vir jou kopers vir die twee eiendomme te kry, ­kommissie van 5% betaal.

“Jy weet beter as enigiemand anders hoe moeilik dit was om jou eiendomme te verkoop. Vorige pogings deur buitelanders het almal misluk, aangesien die prys as onrealisties hoog beskou is.”

Hy sê verder hy is dronkgeslaan oor die “ondankbaarheid en uiterse disrespek” vir hom as mens nadat hy die transaksies met die ministerie van verdediging moontlik gemaak het.

Levi gaan voort en sê aangesien Steinhausen “hardkoppig” weier om aan hom die 5% te betaal, hy 'n bedrag van N$2,3 miljoen (dit is 3,33% van die koopsom) eis.

Republikein is ook in besit van korrespondensie wat toon Steinhausen se persoonlike assistent, mnr. Sackey Shikwambi, het in Maart 2018 'n skikkingsaanbod van 1%, of N$690 000, aan Levi vir die verkoop van die twee plase gemaak. Hy wys egter in sy skrywe daarop dat die N$24 miljoen vir Otjisemba nog nie deur die NDF betaal is nie en die N$240 000 se kommissie vir hierdie plaas dus nie betaal kan word nie.

Levi het by navraag die verskuldigde kommissie ontken en gesê Steinhausen skuld hom geld, maar bygevoeg “dit is vir my agterstallige salaris”. Hy het ontken dat hy die NDF as koper gewerf het.

Stritter het by navraag gesê hy kan nie die Steinhausen-transaksies bespreek nie, aangesien sy firma hom nie meer verteenwoordig nie.

Intussen het Namandje vyf dae nadat 'n skriftelike navraag per SMS aan hom gerig is, nog nie daarop gereageer nie. Toe Republikein hom bel om kommentaar te kry, het hy gesê hy bestuur en kan nie gesels nie.



KOOPKONTRAK

Dit blyk uit 'n afskrif van die koopkontrak wat op 19 Mei 2017 tussen mnr. Willem Goeieman, uitvoerende direkteur van werke en vervoer, en Steinhausen gesluit is, dat N$10 miljoen as roukoop aan Stritter, Engling & Partners oorbetaal is.

Roukoop dien as deposito en word aan die verkoper oorbetaal indien die kooptransaksie deur die mat val.

In 'n oproep aan Steinhausen in Duitsland het 'n woordvoerder bevestig dat hy vrae wat oor die Otjisemba-transaksie en die verskuldigde kommissie aan hom gerig is, ontvang het, “maar nie kan kommentaar lewer nie aangesien die kwessie hangend is”. Die woordvoerder het haar as “mevrou Steinhausen” geïdentifiseer.

Goeieman het vroeër verduidelik hoewel die plaas deur die NDF gekoop is, hy die kontrak “as die rekenpligtige beampte van die regering onderteken het”.

Schlettwein het intussen by navraag oor die roukoopbetaling gesê hy “is ingelig oor 'n uitstaande betaling vir een van die plase, waarvoor nie begroot is nie”.

Hy sê die transaksies het strydig met instruksies deur die tesourie geskied.

“Ek wil benadruk die kooptransaksie wys nou vrugtelose uitgawes was die gevolg, en dit is vir my 'n saak van groot kommer. Dit dui op herhaaldelike en grootskaalse fiskale ongedissiplineerheid,” sê Schlettwein.

Dit blyk uit 'n ministeriële ouditverslag van die ministerie van verdediging vir 2017-'18, die boekjaar waarin die plase gekoop is, dat N$491,7 miljoen in dié en die twee voorafgaande boekjare sonder tesourie-toestemming bestee is, berig Nampa. Dit is 'n oortreding van die Wet op Staatsfinansies van 1991.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest | Wolves 0 vs 2 Arsenal | Luton Town 1 vs 5 Brentford | Sheffield United 1 vs 4 Burnley LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad | Girona 4 vs 1 Cadiz | Valencia 1 vs 2 Real Betis | Rayo Vallecano 2 vs 1 Osasuna | Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce | Hellas Verona 1 vs 0 Udinese | Empoli 1 vs 0 Napoli European Championships Qualifying: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United | Manchester City 1 vs 0 Chelsea English Championship: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 15° | 36° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 17° | 36° Oshakati: 18° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:08, High tide: 03:09, Low Tide: 21:13, High tide: 15:31 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:07, Low Tide: 21:11, High tide: 15:29 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:06, Low Tide: 21:11, High tide: 15:28 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 33° Keetmanshoop: 20° | 33° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 20° | 32° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 15° | 27° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 16° | 29° Maputo: 20° | 29° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 22° Durban: 19° | 25° Johannesburg: 19° | 29° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 17° | 30° Harare: 15° | 30° Currency: GBP to NAD 23.75 | EUR to NAD 20.45 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.11 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.73 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.7 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.8 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1230 | USD to ZAR 19.11 | USD to ZMW 25.96 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74010.81 Up +0.62% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1522.16 Down -0.31% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13246.66 Down -0.42% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26777.05 Down -4.86% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9132.5 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 322.64/OZ DOWN -0.0048 | Copper US$ 4.41/lb DOWN -0.0118 | Zinc US$ 2 806.90/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 88.28/BBP UP +1.27% | Platinum US$ 909.02/OZ DOWN -0.0129 Sport results: Premier League: Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest | Wolves 0 vs 2 Arsenal | Luton Town 1 vs 5 Brentford | Sheffield United 1 vs 4 Burnley LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad | Girona 4 vs 1 Cadiz | Valencia 1 vs 2 Real Betis | Rayo Vallecano 2 vs 1 Osasuna | Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce | Hellas Verona 1 vs 0 Udinese | Empoli 1 vs 0 Napoli European Championships Qualifying: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United | Manchester City 1 vs 0 Chelsea English Championship: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Weather: Katima Mulilo: 15° | 36° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 17° | 36° Oshakati: 18° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:08, High tide: 03:09, Low Tide: 21:13, High tide: 15:31 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:07, Low Tide: 21:11, High tide: 15:29 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:06, Low Tide: 21:11, High tide: 15:28 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 33° Keetmanshoop: 20° | 33° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 20° | 32° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 15° | 27° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 16° | 29° Maputo: 20° | 29° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 22° Durban: 19° | 25° Johannesburg: 19° | 29° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 17° | 30° Harare: 15° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.75 | EUR to NAD 20.45 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.11 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.73 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.7 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.8 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1230 | USD to ZAR 19.11 | USD to ZMW 25.96 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74010.81 Up +0.62% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1522.16 Down -0.31% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13246.66 Down -0.42% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26777.05 Down -4.86% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9132.5 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 322.64/OZ DOWN -0.0048 | Copper US$ 4.41/lb DOWN -0.0118 | Zinc US$ 2 806.90/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 88.28/BBP UP +1.27% | Platinum US$ 909.02/OZ DOWN -0.0129