Ndeitunga sê oor motorkades
Maria Eiseb - Die Namibiese polisiehoof, luitenant-generaal Sebastian Ndeitunga, het 'n beroep op alle Namibiërs gedoen om hulle deeglik van die reëls rakende staatsmotorkades en noodvoertuie op openbare paaie te vergewis.
"Een van die Namibiese polisie se funksies is om beskerming en sekuriteit aan baie belangrike persone ("VIP's") en uiters belangrike persone ("VVIP's"), plaaslik en van die buiteland, te verseker.
Dié twee kategorieë sluit in die staatshoof, visepresident, premier, voormalige staatshoofde en buitelandse, vooraanstaande persone wat immuniteit het en nie by kruisings of verkeersligte hoef te stop nie.”
Ndeitunga het voorts gesê klagtes stroom in oor mense wat weier om op openbare paaie af te trek of vir die motorkades voorrang te gee.
“Namibiërs het geen respek vir regeringsleiers nie. Ons kry klagtes van die gemeenskap oor hoe die mense optree wanneer sodanige leier 'n openbare pad gebruik.”
Hy het uit die padveiligheidswet aangehaal en gesê daar is verskeie bepalings oor hoe padgebruikers moet optree as die staatsmotorkades in die verkeer beweeg.
Volgens Ndeitunga moet voertuie stil staan en nie probeer om verby te steek nie, tensy 'n verkeersbeampte toestemming gegee het om te beweeg.
“Ons Namibiërs ken die reëls, maar ons is traak-my-nie-agtig,” het hy gesê.
"Daar is standaarde gestel met die veiligheidsbeleid en hoe dit gehandhaaf moet word. Namibië is geen uitsondering nie. "
Die polisiehoof het ook gereageer op kritiek oor die staatsmotorkades wat nie by die spoedperk hou nie.
"Die spoedperk is lank vooruit beplan aangesien hulle binne 'n bepaalde tyd 'n sekere afstand moet aflê," het hy gesê. "Voor die reis word besluite gemaak om te verseker daar geen is vertraging in verkeer op die paaie nie."
Ndeitunga het gesê as iemand skuldig is of die reëls oortree, is daar geen opsie van betaling met 'n skulderkenning nie; die oortreder sal in hegtenis geneem word en die hof sal beslis hoe ernstig die misdaad is. “Dit sal nie 'n ligte straf wees nie," het hy gewaarsku.
“Die polisie is nie skietlustig nie en sal nie sommer op oortreders skiet nie, maar dis 'n ander situasie as daar gevaar dreig," het hy gesê.
Volgens Ndeitunga word die paaie gewoonlik gesluit wat by die hoofweg aansluit waar motorkades sal beweeg.
Daar is ook sirenes wat loei en polisiebeamptes word op punte uitgeplaas, het hy gesê.
Volgens die inspekteur-generaal is elke Namibiër verantwoordelikheid vir die veiligheid van regeringsleiers; dit is nie net veiligheidsbeamptes se taak nie.
“Ons is baie rustig hier in Namibië; in die ander lande is die veiligheidsreëls baie streng,” het hy bygevoeg.
Tydens dieselfde geleentheid het die polisie se adjunk-inspekteur-generaal vir administrasie Anne-Marie Nainda gesê die veiligheidsbeamptes en noodvoertuie moenie hul mag misbruik en sirenes onnodig aanskakel bloot om verkeerstekens te vermy nie. “Dit is 'n oortreding en strafbaar," het sy gesê. "Die gemeenskap moet sulke voorvalle by die polisie aanmeld en daar sal streng teen oortreders opgetree word."

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie