Ndafoluma met punte geklop
Boks
’n Stewige vertoning deur die Namibiese vegter Lukas Ndafoluma (The Demolisher) is nie beloon nie, toe hy sy geveg Sondagaand in Kazakstan eenparig met punte verloor het.
Ndafoluma het die gasheerland se onoorwonne Aidos Yerbossynuly om die Wêreldboksvereniging (WBS) se vakante internasionale supermiddelgewigtitel uitgedaag, terwyl die Wêreldboksraad (WBC) se Asiatiese kontinentale titel ook op die spel was.
Ná tien rondes het al drie die tellinghouers die geveg egter aan Yerbossynuly toegeken. Uit die oogpunt van die beoordelaar Adam Height van Australië het die Kazak elke ronde gewen (100-90), terwyl Olena Pobyvailo van Oekraïne en Oliver Brien van Duitsland se tellings beide 97-93 was.
Voor ’n stampvol Almaty Aerna het die 27-jarige Yerbossynuly agterna verklaar dat sy grootste doelwit is om ’n wêreldkampioen te word. Sy onoorwonne beroepsrekord staan na dese op elf gewen (agt uitklophoue).
Ndafoluma, wat op 33 jaar ouer, maar op 1.86 meter ook vyf sentimeter langer as sy opponent was, se rekord het tot 15 oorwinnings (ses uitklophoue) en twee nederlae teruggesak.
Sondagaand was egter Ndafoluma se eerste geveg as supermiddelgewig, nadat al sy vorige vertonings as middelgewig was.
“Die tellinghouers het die eenparig aan Lukas se opponent toegeken, maar hy het ’n baie belowende en moedige geveg gelewer. Hy het in die swaarder gewigsklas sy man gestaan en ek is baie trots op sy vertoning. Hy het in die laaste ronde sterk geëindig en net die laaste klok het sy opponent uit die moeilikheid gered.
“Ek is seker dat al die toeskouers en al die duisende mense wêreldwyd wat die geveg te sien gekry het, vir ewig van Lukas (Demolisher) Ndafoluma van Namibië kennis geneem het, ná die vasberade manier hoe hy die Asiatiese kampioen in sy eie agterplaas van begin tot einde hard gedruk het,” het Elifas Nandjembo, afrigter van die MTC Salute-boksklub, aan die koerant gesê.
Ndafoluma en sy afrigter Tobias Nashilongo word vanmiddag terug in Windhoek verwag.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie