Nchido-familie versoek ondersoekverslag

28 April 2021 | Regering
Ogone Tlhage – Die familie van die vier vissermanne wat deur Botswana se weermag (BDF) doodgeskiet is, het gevra om ’n ondersoekverslag oor die voorval te sien.

Die familie het hul voorneme aan president Hage Geingob bekend gemaak toe hy hulle onlangs op die Impalila-eiland in die Zambezistreek besoek het.

Die president het hulle meegedeel dat die gesamentlike ondersoek na die moorde afgehandel is en dat hul versoek oorweeg sal word om die inhoud van die verslag onder oë te kry.

Die kwessie van jurisdiksie is egter ewe belangrik en die publiek kan nie toegang tot die verslag verkry nie, het Geingob volgens die presidensiële woordvoerder aan die familie gesê.

Die drie broers, mnre. Tommy, Martin en Wamunyima Nchindo asook hul neef, mnr. Sinvula Muyeme, 'n Zambiese burger, is op 5 November verlede jaar doodgeskiet toe die BDF hulle in die suidelike kanaal van die Choberivier betrap het. Hul moeder, me. Alphonsina Mubu, is vyf dae later dood en hul suster is weens skok in die hospitaal opgeneem.

Die suidelike kanaal van die rivier is 'n verbode gebied, wat volgens die BDF as 'n kanaal vir stropers gebruik word. Die familiewoordvoerder, mnr. George Nchindo, het vandeesweek met Republikein se susterkoerant Namibian Sun gepraat en gesê die familie moet nog met raadgewers vergader om die volgende stap te bepaal, maar het gesê 'n vergoedingseis word as 'n opsie oorweeg.

Die president van Botswana, Mokgweetsi Masisi, het vroeër ontken dat sy land se weermag ’n doodskietbeleid volg wanneer vermeende stropers in die land se nasionale parke betrap word.
[email protected]na


FOTO
Pres. Hage Geingob op besoek aan Impalila-eiland die naweek. Foto Namibian Presidency

Soortgelyk

 

Skoolhoof van Swakop sterf aan Covid-19

10 ure gelede | Mense

Ronelle Rademeyer – Huldeblyke het gister uit onderwys- en ander kringe ingestroom nadat die skoolhoof van Pro-Ed Akademie se hoër­skool op Swakopmund, mnr. Henry McCarthy,...

ReconAfrica voor hof gedaag

10 ure gelede | Howe

Ronelle Rademeyer – Reconnaissance Energy Africa (ReconAfrica) het sonder konsultasie of vooraf kennisgewing die natuurlike woud en landerye wat wettiglik deur 'n familie by Mbambi...

Weer vir 10 Mei 2021

10 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en warm tot baie warm in die Suide. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm wees.KUS: Gedeeltelik bewolk en warm...

Nog NBC-werkers keer terug

10 ure gelede | Arbeid

Hoewel die NBC-staking landswyd voortduur, het 74 werknemers intussen teruggekeer werk toe en is die Engelse radiodiens, National FM, weer terug op die lug. Die...

Noodkreet teen misdaadvlaag

10 ure gelede | Misdaad

Tunohole Mungoba op Oshakati – Die Oshakati-stadsraad het Donderdag 'n openbare vergade­ring in Okandjengeni-Suid op dié dorp gehou waar verskeie veiligheidskwessies geopper en klagtes teen...

Dwelms van amper N$2 miljoen gekonfiskeer

10 ure gelede | Misdaad

Volgens die Namibiese polisie is in April meer mense in besit van dwelms in hegtenis geneem as gedurende Maart. In Maart is 106 mense in...

Nuwe lewe in onooglike kraghuis geblaas

10 ure gelede | Kuns en vermaak

Claudia Reiter – Die kunstenaars Kat en Lens het die mure van 'n transformator-substasie in Conrad Ruststraat in Klein Windhoek geverf en verfraai. “Ons ry...

Geen partytjie vir Nujoma

10 ure gelede | Gemeenskap

Die kantoor van die stigterspresident Sam Nujoma het aangekondig hy gaan nie op 12 Mei sy 92ste verjaardag met 'n openbare byeenkoms vier nie. Dié...

Betaaldag hier vir Air Namibia se personeel

10 ure gelede | Vervoer

Ogone Tlhage – Die minister van openbare ondernemings (SOE's), mnr. Leon Jooste, het bevestig die regering het 'n gedeelte betaal van die N$278 miljoen wat...