NCF het besware oor Egipte
Padfietsry
Andrew Poolman – Die Namibiese Fietsryfederasie (NCF) sal nie ’n amptelike nasionale span aanwys om die land volgende maand by die Afrika-padfietskampioenskap in Egipte te gaan verteenwoordig nie.
Die kontinentale byeenkoms is geskeduleer om vanaf 2 tot 6 Maart in die hoofstad Kaïro aangebied te word.
Die NCF se president, mnr. Axel Theissen, sê die federasie het besluit dat Namibië nie met gemoedsrus ’n nasionale span na die buiteland kan stuur te midde van die Covid-19-pandemie en voordat die toediening van entstof hier begin het nie.
“’n Nasionale keurkomitee is in plek en sodra die keuse afgehandel is, sal die betrokke ryers ingelig word dat hulle toestemming het om op eie koste en op eie risiko te gaan deelneem indien hulle wil.
“Die NCF sal egter nie ’n span aanwys wat op die federasie se koste gestuur word, asof sake soos normaal voortgaan nie. Dit is omdat ons op die oomblik nie hierdie individue se veiligheid kan waarborg nie.”
Mnr. Hans du Toit, die nasionale afrigter, sê Covid-19 is een van die groot oorwegings wat ’n skadu oor Namibië se deelname werp.
“’n Besluit oor wie oorweeg word, behoort later hierdie week bekend gemaak te word, maar ’n definitiewe beslissing sal eers nader aan die tyd geskied.
“Kaïro het verskeie kwessies en is nie ’n maklike plek om in deel neem nie – self sonder ’n epidemie om in ag te neem. Ek was in 2018 daar met die Afrika-bergfietskampioenskap. Ek moet sê dit was nie maklik nie. Nie onaangenaam nie, maar vervoer, verblyf en selfs etes en ander logistiek is nie so maklik om te bestuur om die beste uit atlete te kry nie.”
Tydens die prysuitdeling ná Sondagoggend se Nedbank nasionale kampioenskap is die Namibiese truie vir 2021 toegeken aan die mans en vroue wat goue medaljes in die UCI-kategorieë (elite, onder 23 en juniors onder 18) in die padresies en tydtoets verwerf het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie