NCF-bestuur verklaar sy doelwitte
NCF-bestuur verklaar sy doelwitte

NCF-bestuur verklaar sy doelwitte

Fietsry
Andrew Poolman
Andrew Poolman – Die teenwoordigheid van Namibiese fietsryers by ses opeenvolgende Olimpiese Speles is 'n prestasie om op trots te wees, maar die Namibiese Fietsryfederasie (NCF) gaan nie bloot op sy louere rus nie en wil seker maak dat op hierdie grondslag voortgebou word.

“Die ontwikkeling van fietsry op alle vlakke – vanaf grondvlak tot die uitbreiding en afronding van ons groep elite ryers – is een van die drie gebiede waarop die NCF oor die volgende paar jaar fokus wil plaas,” sê die NCF se president, mnr. Axel Theissen.

Die NCF het 'n paar vakante posisies op sy topbestuur gevul tydens sy algemene jaarvergadering wat verlede week in Windhoek afgehandel is.

Drie nuwe lede is tot die uitvoerende komitee verkies, naamlik Elanor Grassow, Vaino Kali en Andrew Simon.

Brendan Dickerson het hom nie weer verkiesbaar gestel nie. “Ons is dankbaar dat Brendan oor die laaste drie jaar sy portefeulje rakende NCF-byeenkomste met groot deeglikheid hanteer het en ook bygestaan het in verskeie sake wat met die UCI (die sport se wêreldbeheerliggaam) verband hou,” het Theissen in sy presidentsverslag gesê.

Volgens Theissen het die NCF nou weer 'n voltallige topbestuur. Die individue se portefeuljes sal by hul eerste komiteevergadering op 16 September bevestig word, met bemarking en byeenkomste die twee wat nog toegeken moet word.

Dit is reeds bekend dat Elanor Grassow die taak as sekretaresse sal opneem, wat oor die laaste tyd deur Irene Steyn verrig is ná die vertrek van Josefina Endjala.

Sommige van die ander punte wat Theissen in sy presidentsverslag (Julie 2020 tot Augustus 2021) uitgelig het:

• Die nasionale Covid-19-inperkings op die toegelate getalle by byeenkomste het daartoe gelei dat die NCF se finansiële verslag 'n betekenisvolle afname in inkomste uit wedrenne wys.

“Die kritiese hersiening van die Federasie se uitgawes was dus 'n bron van kommer, maar ek is bly om te kan bevestig dat die NCF hierdie abnormale jaar kon afsluit sonder om finansiële verliese te ly.”

• Theissen het spesiaal melding gemaak dat Namibië se 2020 Tokio Olimpiese span van elf atlete vier fietsryers ingesluit het. Hy het sy dank uitgespreek vir die rol van Hans du Toit, Nick du Plessis en Heiko Diehl om die Federasie by te staan om ter elfder uur 'n plaasvervangende ryer na Japan te reël toe Dan Craven ongelukkig was om kort voor sy vertrek positief vir Covid-19 te toets.

“Ons afrigters Mannie Heymans en Hans du Toit, die meganikusse Martin Nghilifavali en Ermin van Wyk, spandokter dr. David Weber en fisioterapeut Anna-Mart Kruger het help verseker dat ons atlete tot die beste van hul vermoë kon presteer.”

• Een van die Federasie se ambisieuse hoofdoelwitte vir die pad vorentoe is om fietsry aan meer klubs en streke in die land toeganklik te maak.

“Ons vergaderings sal op Zoom gevolg kan word deur belangstellendes van buite Windhoek.

“Ons sal ook tyd en energie moet bestee om ons RMB BMX-program na alle dele van die land uit te rol. Antje Tietz het groot werk verrig, ondanks die Covid-beperkings in die laaste jaar wat reise in die wiele gery het, maar ons wil hierdie projek weer optel.”

• Die NCF het “groot treë vorentoe gegee” sedert die aanbieding van 'n slypskool vir opkikkervrye sport in middel Maart verlede jaar, met Namibia Health Plan (NHP) as medeborg en met Dominic le Roux en Stefan Böhlke as medewerkers.

• Met die steun van verskeie liggame en inisiatiewe is die Fietsryfederasie positief dat hy oor die volgende twee jaar beduidende vooruitgang kan maak op die gebied van padveiligheid vir fietsryers in Windhoek. Horst Heimstädt en Justin Ellis is twee van die dryfvere op hierdie subkomitee.

• Die NCF bied komende Saterdag sy nasionale bergfietsry-veldresieskampioenskap by Farm Windhoek aan, met Nedbank as hoofborg.

Kommentaar

Republikein 2024-05-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool LaLiga: Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 13° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 28° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 13° | 26° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 42km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:48, High tide: 10:54, Low Tide: 16:42, High tide: 23:24 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:46, High tide: 10:52, Low Tide: 16:40, High tide: 23:22 Walvis Bay: 23° | 34° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SE, Low tide: 04:46, High tide: 10:51, Low Tide: 16:40, High tide: 23:21 Rehoboth: 12° | 26° Mariental: 15° | 28° Keetmanshoop: 18° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 14° | 28° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 12° | 22° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 17° | 30° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 16° | 20° Durban: 18° | 25° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 15° | 27° Harare: 12° | 25° Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.78 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.2 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.21 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.53 | USD to EGP 46.9 | USD to KES 130.23 | USD to NGN 1519 | USD to ZAR 18.2 | USD to ZMW 25.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13421.4 Down -0.59% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25316.08 Down -0.09% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 381.84/OZ DOWN -0.0042 | Copper US$ 4.87/lb DOWN -0.0054 | Zinc US$ 2 979.80/T DOWN -0.12% | Brent Crude Oil US$ 83.30/BBP UP +0.03% | Platinum US$ 1 063.59/OZ DOWN -0.0059 Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool LaLiga: Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 13° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 28° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 13° | 26° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 42km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:48, High tide: 10:54, Low Tide: 16:42, High tide: 23:24 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:46, High tide: 10:52, Low Tide: 16:40, High tide: 23:22 Walvis Bay: 23° | 34° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SE, Low tide: 04:46, High tide: 10:51, Low Tide: 16:40, High tide: 23:21 Rehoboth: 12° | 26° Mariental: 15° | 28° Keetmanshoop: 18° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 14° | 28° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 12° | 22° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 17° | 30° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 16° | 20° Durban: 18° | 25° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 15° | 27° Harare: 12° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.78 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.2 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.21 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.53 | USD to EGP 46.9 | USD to KES 130.23 | USD to NGN 1519 | USD to ZAR 18.2 | USD to ZMW 25.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13421.4 Down -0.59% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25316.08 Down -0.09% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 381.84/OZ DOWN -0.0042 | Copper US$ 4.87/lb DOWN -0.0054 | Zinc US$ 2 979.80/T DOWN -0.12% | Brent Crude Oil US$ 83.30/BBP UP +0.03% | Platinum US$ 1 063.59/OZ DOWN -0.0059