NCA het hoë gehalte bulle nodig
Nagenoeg 40 000 bulle van ’n hoë gehalte is in die Noordelike Kommunale Gebiede (NCAs) bestaande uit die Kunene, Oshana, Ohangwena, Omusati, Oshikoto, Zambezi en die twee Kavango streke, nodig.
Waarnemende adjunk-hoof veeartseny beampte vir die sentraal-noordelike streek, dr. Kenneth Shoombe, het dié stelling gemaak terwyl hy met produsente in die Oshanastreek vergader het.
Hy het boere aangemoedig om weg te beweeg van tradisionele boerdery metodes en om eerder moderne tegnieke aan te gryp ten einde diere van ’n goeie gehalte vir die plaaslike en internasionale mark op te lewer.
Shoombe het gesê daar is sowat 1,7 miljoen beeste in die NCA en dat gerekende bulle van ’n spesifieke standaard nodig gaan wees as boere diere van ’n hoë gehalte wil produseer om goeie pryse op die mark te behaal.
“Kom ons boer om bees vir die mark te lewer sodat ons geld kan genereer om ons lewens te verbeter, ons gesinne te ondersteun en ons alledaagse finansiële uitdagings op te los,” het Shoombe gesê.
Hy het boere van die NCA ook aangemoedig om deel te wees van rykdomskepping en om by te dra tot die land se bruto binnelandse inkomste.
Shoombe glo die landbousektor in die NCA, wat hy meen die potensiaal het om by te dra tot die land se sosio-ekonomiese ontwikkeling, tot ’n groot mate onaktief is.
Hy sou graag wou sien dat boere by hul onderskeie plaaslike staatsveeartse aanklop vir raad oor hoe om hul lewendehawe gereeld teen siektes soos antraks en bakterieë soos brucella in te ent, sodat hul diere ten alle tye gesond bly. – Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie