NBC-werkers swaai plakkate
Werkers van die Namibiese Uitsaaikorporasie (NBC) het vanmiddag ’n betoging voor die hekke van die uitsaaier se hoofkantoor in Windhoek gehou.
Hulle wou nie hul klagskrif aan die NBC se bestuur oorhandig nie, maar het geëis dat mnr. Sven Thieme, voorsitter van die NBC-raad, of 'n ander raadslid die klagskrif ontvang.
Thieme is tans uitstedig en geen raadslid was beskikbaar om die klagskrif te ontvang nie.
Volgens me. Taucy Tjijombo, voorsitter van NBC se werkersvakbond, sal die groep ontevrede werkers daagliks tydens etensuur betoog tot ’n raadslid hul klagskrif in ontvangs neem.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie