NBC: Staking gekraak
Die leier van Napwu, mnr. Peter Nevonga, het stakers by die nasionale uitsaaier vanmiddag aangeraai om terug te keer werk toe.
Van die stakers het vanaand gesê hulle gaan wegbly tot daar uitsluitsel is in die hofsaak waarin die vakbond aanvoer dat die NBC die reëls vir die staking verontagsaam het.
Sommige werknemers van die NBC ervaar die versoek as verraad.
Die geskil is die afgelope Vrydag op die spits gedryf toe werkers, ondanks ‘n belofte deur die vakbond, geen betaling ontvang het vir ure wat hulle gestaak het nie.
Sommige het gedink daar sou ‘n nuwe stemming wees om met die staking voort te gaan. Geen so ‘n opsie is gegun nie.
Nevonga het gesê: “Ons het steeds probleme, maar ons moet oorweeg om dit van binne te hanteer,” byvoorbeeld die lot van vryskutwerkers op kontrak. “Ons kan dit van binne aanspreek”, het die vakbondleier gesê. “Ek voel werklik dit is nie reg dat ons so aanhou geld verloor nie.”
Die NBC-direksie het die afgelope weke herhaaldelik gesê mense moet kies tussen om steeds ‘n inkomste te verdien, of die afleggings wat noodgedwonge sal volg.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie