NBC-staking duur voort, 74 werknemers terug in die tuig
Hoewel die NBC-staking voortduur, het 74 werknemers intussen teruggekeer werk toe en is die Engelse radiodiens, National FM, weer terug op die lug.
Die voorsitter van die nasionale uitsaaier, mnr. Lazarus Jacobs, sê in ‘n verklaring wat vanmiddag uitgereik is daar is tans 141 mense wat werk, aangesien 67 uit die staanspoor besluit het om nie aan die staking deel te neem nie.
Hy sê namate meer werknemers terugkeer, sal meer regstreekse uitsendings hervat.
“Die raad is vasbeslote dat die staking moet eindig, en dit kan slegs gebeur as al die partye saamwerk om ‘n werkbare oplossings te vind. Dit is steeds die raad se standpunt dat die staking niemand gaan baat nie,” sê hy.
Jacobs sê die stakingsituasie is steeds onopgelos weens die vermindering van die regering se subsidie van N$334,1 miljoen verlede jaar, tot N$127,5 miljoen vir die 2021-’22-boekjaar.
Soos dit is, sê Jacobs, kon die NBC nou net werknemers se netto salarisse betaal en nie sy statutêre verpligting om hul medies- en persioenbydraes te betaal, eerbiedig nie.
Hy wys in die verklaring daarop die belangrikste fokus in hierdie stadium is om werknemers se poste in hierdie moeilike tye te behou en nie om vir hulle salarisverhogings aan te bied nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie