NBC staak al twee weke
Augetto Graig – Die staking by die nasionale uitsaaier, die NBC, duur vandag twee weke.
Volgens mnr. Alpha Murangi, verteenwoordiger van die Namibiese Vakbond vir Staatsdienswerkers (Napwu), was daar gistermiddag nog geen einde in sig nie.
“Ons wag nog op die ministerie om hul standpunt te stel, aangesien die begroting net ses maande se bedrywighede kan dek,” het hy gesê. Intussen wil Napwu die NBC se bestuur hof toe sleep oor die oortreding van die reëls vir die staking, sê Murangi.
Napwu beskuldig die NBC dat hulle bestuurders gebruik om pligte van stakende werknemers na te kom. Die bestuur blokkeer glo redelike toegang tot NBC se persele en vryskutwerkers behartig na bewering die vervaardiging van regstreekse nuusprogramme.
Die voorsitter van die direksie, mnr. Lazarus Jacobs, het gesê die staking sal vanoggend by 'n raadsvergadering onder die loep kom.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie