NBC-personeellid toets positief
Streekkantoor tydelik gesluit
Adolf Kaure
’n Vrou wat in die nasionale uitsaaier NBC se Erongo-streekkantoor werk, het onlangs positief vir Covid-19 getoets.
Volgens die NBC se kommersiële hoof, me. Umbi Karuaihe-Upi, is die streekkantoor voorlopig gesluit om voorsorg teen die verspreiding van die virus te tref.
“Al die personeellede is tans in selfisolasie en sal binnekort getoets word. Net soos met al die ander Covid-gevalle in Namibië, is al die inligting met die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste gedeel,” het sy gesê.
Karuaihe-Upi sê die kantoor sal ontsmet word terwyl die personeel in selfisolasie is. Sy kon nog nie bevestig hoe lank die kantoor gesluit sal wees nie.
“Ons moet nog sien hoe lank die kantoor gesluit bly, want almal wat hier werk, moet eers getoets word,” het sy gesê.
Sy het bygevoeg die gesondheidsministerie sal diegene moet opspoor met wie die vrou moontlik kontak gehad het.
Die vrou, wie se ouderdom nie deur Karuaihe-Upi bevestig kon word nie, is ’n inwoner van Swakopmund.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie