NBC-personeel weet eers vandag
Henriette Lamprecht
Personeel van die beleërde nasionale uitsaaier (NBC) sal eers vandag hoor of hulle mediesefondsdekking het of nie.
Die NBC het gister skuins voor 12:00 by monde van sy direkteur-generaal personeel per e-pos laat weet die jongste nuus oor mediese dekking sal “op die laatste môre” beskikbaar wees en sal “die pad vorentoe uitstip”.
Die NBC is tot gister tyd gegun om agterstallige paaiemente aan die maatskappy se mediese fonds, Namibia Medical Care (NMC) te betaal. Die agterstallige betalings beloop sowat N$15 miljoen en is sedert Oktober verlede jaar nie deur die NBC oorbetaal nie, hoewel dit van personeel verhaal is. Sou die bedrag nie gister ten volle vereffen wees nie, word die NBC-groep met onmiddellike effek vandag as lid van die mediese fonds geskors.
Die minister van finansies, mnr. Calle Schlettwein, het gistermiddag tydens 'n nuuskonferensie gesê sy ministerie is nie om 'n reddingsboei genader nie.
Hy wou egter nie die moontlikheid uitsluit dat die ministerie van inligting en kommunikasie die nodige miljoene aan die NBC gaan voorskiet nie.
Schlettwein het gesê hy het “baie min simpatie” vir die NBC se penarie.
Pensioen- en mediesefondsbydraes is deel van die uitsaaier se vergoedingspakket en is dus deel van die NBC se subisidie uit die regering se begroting. Die NBC kan dus nie hul finansiële probleme op kleiner regeringsteun blameer nie, het hy gesê.
“Hul begroting is ten volle gefinansier.”
Die verskynsel dat werkgewers nie pensioen- en mediesefondsbydraes van werknemers oorbetaal nie, is gelykstaande aan diefstal en is vervolgbaar, het Schlettwein gesê.
“Die manier waarop sommige van ons entiteite optree, is nie reg nie,” het hy gesê.
Mnr. Stanley Similo sê in die kennisgewing aan personeel: “Ongeag wat gebeur, sal alle NBC-werknemers dekking hê omdat ons reeds aan 'n alternatief begin werk het.”
Similo vra voorts vir “kalmte in die tussentyd, terwyl ons daarop bedag is dat die aangeleentheid 'n sensitiewe en belangrike saak is”.
Hy gee ook die versekering dat die uitsaaier se raad en bestuur onverpoos daaraan werk om die aangeleentheid op te los.
In die lig hiervan word 'n vergadering met personeel vir vroeg volgende week beplan.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie