Naweekpret by ‘motorhuismark’
Windhoek Express (WE) se eerste Garage Market het Saterdag plaasgevind. Markgangers kon verskeie stalletjies met handgemaakte items en produkte deur plaaslike entrepreneurs besoek, musiek luister en na die wedstryd tussen die All Blacks en die Springbokke kyk terwyl die jongspan by die Active Kids-hoekie met ’n springkasteel en ander prettige aktiwiteite besig gehou is. Die projek was ten bate van die Dagbreek Skool vir leerlinge met spesiale behoeftes, wat ook tuisgemaakte en organiese produkte verkoop het. Foto’s Michelle le Roux
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie