Naweek 1 vir Major League se spanne in VSA
Rugby
Andrew Poolman – Die eerste naweek van die VSA se Major League Rugby breek môre aan, met verskeie Namibiërs wat te midde van die Covid-19-pandemie 'n nuwe heenkome as professionele sportmanne gevind het.
Wian Conradie het die sesde Namibiër geword wat voordeel uit sy MLR-kontrak sal trek, toe hy in die afgelope dae by die New England Free Jacks geplaas is. Dié span is in Weynouth, Massachusetts gebaseer.
Die 26-jarige losvoorspeler sou aanvanklik 'n lid van die splinternuwe Dallas Jackals gewees het, wat egter intussen hul onttrekking uit dié seisoen aangekondig het vanweë die komplikasies om ondanks die pandemie hul spelersgroep bymekaar te bring.
Conradie was tot onlangs nog in Windhoek in afwagting op die afhandeling van sy visum.
Hy sal aansluiting vind by minstens vier Suid-Afrikaanse spanlede – die gewese Haaie-flank Tera Mtembu, die Goue Lous se haker Pieter Jansen en die stutte Elrich de Jager (Griffons) en Xandré Vos (OP Olifante). Die Samoaanse toetsflank Jack Ram is nog een van die Free Jacks se internasionale aanwinste.
Die ander Namibiërs is ook almal lede van twee jaar gelede se Wêreldbekerspan in Japan.
Hulle is die losskakel Cliven Loubser (Utah Warriors) in Salt Lake City; skrumskakel Damian Stevens vir die New Orleans Gold; Adriaan Booysen (agtsteman) in sy tweede seisoen by die Houston SaberCats in Texas, asook die haker Obert Nortjé as nuweling by die Seattle Seawolves in die staat Washington.
Laasgenoemde span is die heersende kampioenfranchise en word deur die voormalige Namibiese Wêreldbeker-kaptein en stut Kees Lensing afgerig.
Major League Rugby het vandeesweek sy ooreenkoms met The Rugby Network aangekondig wat die TV- en videostroomdekking aan 'n groter wêreldwye gehoor sal blootstel.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie