Navorsing toon burgers is arm en ly honger
Navorsing toon ontevredenheid met die regering se hantering van dringende kwessies.
Augetto Graig
Namibiërs is van mening die regering moet dringend aandag gee aan werkloosheid en armoede.
Dít is een van die belangrikste bevindings van Afrobarometer se onlangse navorsing.
Afrobarometer is 'n Afrika-navorsingsnetwerk wat opnames doen oor openbare menings ten opsigte van demokrasie, regering, ekonomiese toestande en verwante kwessies op die vasteland.
Die Afrobarometer-span in Namibië, gelei deur die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing (IPPR), het in November 2017 onderhoude met 1 200 volwasse Namibiërs gevoer.
Daar is bevind 47% van Namibiese deelnemers aan die opname het ten minste een keer in 2017 nie kos gehad nie, en 70% was minstens een keer sonder 'n kontantinkomste.
Die meerderheid sê die regering se hantering van kwessies soos werkskepping, armoedeverligting en die verbetering van lewensomstandighede van burgers is swak.
Die navorsing toon 64% meen die regering moet die weermag se begroting verminder, en 53% sê belasting moet verhoog word om armoede te verminder. Twee-derdes sê die regering moet pensioen- en ongeskiktheidstoelae verder verhoog.
ANDER PROBLEME
Ander groot probleme wat volgens die navorsing dringende aandag van die regering moet geniet, sluit in toegang tot grond, die bestuur van die ekonomie, onderwys, korrupsie, toegang tot water, behuising, gesondheid en armes se gebrek aan toegang tot kos.
Toegang tot krag, swak lone, politieke onstabiliteit en etniese spanning is ook uitgelig as probleme wat aandag kort, asook die droogte se impak, en paaie en infrastruktuur.
Tot 75% van Namibiërs wat op die platteland woon, moes minstens een keer in 2017 sonder enige kontantinkomste klaarkom.
Die helfte van Namibiërs op die platteland was ten minste een keer sonder kos, 36% moes sonder medisyne klaarkom, 34% sonder skoon water en 33% sonder kookolie. Die meerderheid (73%) voel die gaping tussen rykes en armes word nie kleiner nie.
Me. Nangula Shejavali van die IPPR het die inligting uit die navorsing bekend gemaak.
Sy sê dit dui aan die meeste Namibiërs voel die regering doen nie genoeg om werkloosheid en armoede te takel nie - volgens hulle die belangrikste uitdagings van die wat die land in die gesig staar.
“Dit is ondanks die Harambee-welvaartsplan wat hierdie kwessies voorkeur gee aan dié wat dringende aandag vereis, met die regering wat reeds sosiale toelae verhoog het, spesifiek staatspensioenuitbetalings, en die implementering van die Voedselbank die afgelope jaar,” sê sy.
“Aangesien ongelykhede voortduur, voel die meeste Namibiërs die regering hanteer kernkwessies verwant aan armoede “redelik sleg” of “baie sleg”.
Verder sê die meerderheid die regering moet armoede en besteding prioritiseer.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie