Navorsing toon burgers is arm en ly honger

Ook ­tekorte aan medisyne, water

06 July 2018 | Maatskaplik
Augetto Graig



Namibiërs is van mening die regering moet dringend aandag gee aan werkloosheid en armoede.

Dít is een van die belang­rikste bevindings van ­Afrobarometer se ­onlangse navorsing.

Afrobarometer is 'n Afrika-navorsingsnetwerk wat opnames doen oor openbare menings ten opsigte van ­demokrasie, regering, ekonomiese ­toestande en verwante kwessies op die vasteland.

Die Afrobarometer-span in Namibië, gelei deur die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing (IPPR), het in November 2017 onderhoude met 1 200 volwasse Namibiërs gevoer.

Daar is bevind 47% van Namibiese deelnemers aan die opname het ten minste een keer in 2017 nie kos gehad nie, en 70% was minstens een keer sonder 'n kontantinkomste.

Die meerderheid sê die regering se hantering van kwessies soos werkskepping, armoedeverligting en die verbetering van lewensomstandighede van burgers is swak.

Die navorsing toon 64% meen die regering moet die weermag se begroting verminder, en 53% sê belasting moet verhoog word om armoede te verminder. Twee-derdes sê die regering moet pensioen- en ongeskiktheidstoelae verder verhoog.



ANDER PROBLEME

Ander groot ­probleme wat volgens die navor­sing dringende aandag van die regering moet geniet, sluit in toegang tot grond, die bestuur van die ­ekonomie, onder­wys, korrupsie, toegang tot water, behuising, gesondheid en armes se gebrek aan toegang tot kos.

Toegang tot krag, swak lone, politieke onstabiliteit en etniese spanning is ook uitgelig as probleme wat aandag kort, asook die droogte se impak, en paaie en infrastruktuur.

Tot 75% van ­Namibiërs wat op die platteland woon, moes minstens een keer in 2017 sonder enige kontantinkomste klaarkom.

Die helfte van Namibiërs op die platteland was ten minste een keer sonder kos, 36% moes sonder medisyne klaarkom, 34% sonder skoon water en 33% sonder kookolie. Die meerderheid (73%) voel die gaping tussen rykes en armes word nie kleiner nie.

Me. Nangula Shejavali van die IPPR het die inligting uit die navorsing bekend gemaak.

Sy sê dit dui aan die meeste Namibiërs voel die regering doen nie genoeg om werkloosheid en armoede te takel nie - volgens hulle die belangrikste uitdagings van die wat die land in die gesig staar.

“Dit is ondanks die Harambee-welvaartsplan wat hierdie kwessies voorkeur gee aan dié wat dringende aandag vereis, met die regering wat reeds sosiale toelae verhoog het, spesifiek staatspensioenuitbetalings, en die implementering van die Voedselbank die afgelope jaar,” sê sy.

“Aangesien ongelykhede voortduur, voel die meeste Namibiërs die ­regering hanteer kernkwessies verwant aan armoede “redelik sleg” of “baie sleg”.

Verder sê die meerderheid die regering moet armoede en besteding prioritiseer.”

Soortgelyk

 

Air Namibia vra nóg miljarde

7 ure gelede | Vervoer

Catherine Sasman - Air Namibia se topbestuur sê dit sal tussen N$2,5 en N$3 miljard kos om winsgewend en selfstandiger te word.By ‘n voorlegging aan...

175 ton op 136 wiele

7 ure gelede | Energie

Twee vragmotors het gister met ’n NamPower-transformator van 175 ton daarop deur die hoofstad gery.Die vrag word deur vier voertuie begelei en is op pad...

'Elke dag is die beste van my lewe'

7 ure gelede | Mense

Tanja Bause - Sowat 18 jaar gelede het mnr. George Groenewald se lewe ná ’n motorongeluk handomkeer verander. Ná die ongeluk is hy meegedeel dat...

Weer vir 20 September 2018

7 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm in die Suide met enkele buie in die verre Suide. Elders sal dit baie warm wees, maar bloedig warm in...

Swakopmunder skuldig aan seksdade

7 ure gelede | Howe

Denver Kisting – ’n 42-jarige man van Swakopmund is die afgelope week op vyf klagte van kinderhandel en vyf alternatiewe klagte van onwelvoeglike dade met...

Prins William kom kuier

7 ure gelede | Gebeure

Francoise Steynberg - Prins William gaan Maandag vir die eerste keer amptelik in Namibië kom kuier ná sy rooikop broer, Harry, die land al 'n...

Interpol-bal aan die rol vir Rooies

7 ure gelede | Misdaad

Denver Kisting – Die Teenkorrupsiekommissie (ACC) en Interpol span tans kragte saam om ’n oudlanddros terug in Namibië te kry.Adj.komm. Immanuel Sam, Namibië se plaaslike...

‘Goue gonsers’ verower die kus

7 ure gelede | Kuns en vermaak

Leandrea Louw - Walvisbaai Privaat Hoërskool (WBPHS) was vanjaar die gasheer vir die derde, jaarlikse Nictus Napso Kuns- en Kultuurfees. Dit was inderdaad ’n fees...

NSFAF vorder skuld liewer self in

7 ure gelede | Onderwys

Augetto Graig - Die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) het op 14 September ’n ooreenkoms beëindig wat hulle met Tribesmen en die Suid-Afrikaanse New...