Nauyoma-saak opnuut uitgestel
'n Aktivis wat daarvan aangekla word dat hy openbare geweld aangehits het, was gister weer in die hof.
Die saak teen die aktivis van die Regstellende Herposisioneringsbeweging, mnr. Dimbulukeni Nauyoma, is gister opnuut in Windhoek uitgestel.
Hy word daarvan beskuldig dat hy openbare geweld aangehits en met ’n regsproses ingemeng het.
Landdros Davy Kambinda het die saak tot 9 Julie uitgestel sodat ’n verhoordatum vasgestel kan word.
Nauyoma is in Januarie vanjaar in hegtenis geneem omdat hy glo die stadspolisie verhoed het om ’n onwettige plakkershuisie in die hoofstad af te breek.
Dié huisie het na wat berig word aan ’n 33-jarige enkelma van twee, me. Welhemina Shipanga, behoort.
Hy is ná sy eerste hofverskyning in die Windhoek-landdroshof in Katutura op borgtog van N$500 vrygelaat op voorwaarde dat hy nie met die polisieondersoek mag inmeng nie.
Nauyoma is deur mnr. Kadhila Amoomo, ’n Windhoekse prokureur, verteenwoordig terwyl mnr. Michael Munika namens die staat aangekla het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie