Nasmaak van ‘virus se jaar’ wyk nie gou
Die pas afgelope jaar was vir almal ’n moeilike een en vir sommiges meer so as vir ander.
Verlede jaar teen dié tyd, aan die begin van 2020, het ons min kon dink dat ene Korona so vir die ganse mensdom ’n rat voor die oë sou kom draai.
Baie van ons is onkant betrap deur die geniepsigheid van die hoogs aansteeklike virus en die onwelkome nuwe werklikheid wat dit meegebring het, het algaande kom nes opskop.
Van die gepaardgaande skade wat gevolg het, sal moeder aarde se bewoners seker nooit volkome herstel nie.
Ons daaglikse lewe en roetines is vir altyd kom ontwrig.
’n Nasionale noodtoestand is noodgedwonge afgekondig en almal is ingehok. Ons het vriende en naasbestaandes verloor.
Werkende mense is afgedank en besighede het toegemaak.
Maskers dra en die sanitasie van hande is die “inding”, of nuwe mode en normaal.
Tog gee sommiges steeds nie gehoor nie en maak dit wat aangaan af as ’n klug. Mens wil mos eers voel voor hy hoor.
Die vakansie was ook anders as alle voriges wat ek kan onthou.
Daar was minder besoekers aan die kus, minder kampeerders en ek wil amper sê minder van alles, insluitende padongelukke.
Vir ’n verandering was daar ook geen geskietery van klappers nie, so die honde en ander troeteldiere was minder verbouereerd op die einde van die dag.
Die werklikheid is dat dinge nooit weer gou gaan wees soos dit moet wees of gewees het nie.
Op Walvisbaai is daar ook nuwe besems by die munisipaliteit ingebring. ’n Nuwe munisipale raad onder leiding van ’n splinternuwe burgemeester staan nou aan stuur van sake.
Nuwe besems vee glo skoner, so ek hoop vir die beste vir die “honourables” se termyn.
Tussen alles deur is daar mos maar altyd ’n silwer randjie rondom elke donker wolk.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie