Nasionale inentingsplan teen Covid bekend
Die nasionale plan is 'n “lewende dokument” wat opgedateer sal word namate meer en meer wetenskaplike uitslae van kliniese evaluerings van entstowwe beskikbaar raak.
Henriette Lamprecht – Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste het 'n oorweldigende hoeveelheid beloftes van die private sektor ontvang om die regering se immuniseringsveldtog teen Covid-19 te ondersteun.
Dit sluit die aankoop van entstowwe en verwante voorrade, sowel as monitering en evaluering in. Volgens die gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, is dit tekenend van 'n hoë vlak van toewyding en openbare en private vennootskap in die stryd teen die pandemie as 'n bedreiging van openbare gesondheid.
Shangula het tydens die amptelike bekendstelling van die Nasionale Covid-19-ontplooiings- en immuniseringsplan die hoop uitgespreek dat die ontplooiing van entstowwe as 'n mediese ingryping die verwoestende uitwerking van die pandemie sal stuit en ekonomiese aktiwiteite in die land weer sal herstel.
Volgens Shangula het entstowwe teen Covid-19 getoon dit voorkom hospitalisasie van bevestigde gevalle.
'n Nasionale Covid-19-Entstowwe Taakspan is in Augustus verlede jaar in die lewe geroep. Die mandaat van die multisektorale en multidissiplinêre taakspan is om te verseker dat die entstowwe in die land versprei word.
Shangula het verduidelik die taakspan is in funksionele subgroepe verdeel wat onder meer fokus op die verkryging van entstowwe; die koue ketting en logistieke bestuur; opleiding, dienslewering en toesig; veiligheid en goedkeuring; monitering, evaluering en navorsing; wetenskaplike en kliniese evaluering; sowel as die finansiering en koördinering van aankope.
Hy het verwys na Namibië se deelname aan Covax vir die aankoop van genoeg entstowwe om 20% van die bevolking in te ent, onderhandelinge met diplomatieke sendings en vervaardigers om bykomende dosisse entstowwe te verkry, sowel as die ontwikkeling van 'n nasionale ontplooiings- en immuniseringsplan wat vandag amptelik in drie distrikte afskop naamlik in Windhoek in die Khomasstreek en Swakopmund en Walvisbaai in Erongo.
Shangula sê al 35 gesondheidsdistrikte en die private sektor het vanaf 22 tot 26 Februarie in die Erongo vergader om die nasionale plan ook tot 'n distriksplan te verfyn. Dit is gevolg deur leerplanontwikkeling wat van 11 tot 13 Maart plaasgevind het.
Woensdag het meer as 77 gesondheidswerkers van Khomas en Erongo 'n oriënteringsprogram vir die immunisering teen Covid-19 bygewoon.
Volgens hom sal moniteringsbesoeke na alle persele gebring word wat die entstowwe sal voorsien. Hoewel die immunisering aanvanklik net in drie distrikte begin, is 'n nasionale en landswye uitrolprogram vanaf 19 April in die pyplyn.
Shangula het sy dank uitgespreek teenoor die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO), ander Verenigde Nasies (VN)-agentskappe, sowel as die Amerikaanse sentrum vir siektebeheer en voorkoming (CDC) vir hul ondersteuning in die ontwikkeling van die nasionale plan.
Hy het die CDC uitgesonder vir die finansiële en tegniese ondersteuning wat verseker het die nasionale plan sluit ook planne op distriksvlak in, asook hul hulp met die ontwikkeling van die opleidingsleerplan.
Die minister het beklemtoon die nasionale plan is 'n “lewende dokument” wat opgedateer sal word namate meer en meer wetenskaplike uitslae van kliniese evaluerings van entstowwe beskikbaar raak.
Shangula het die ondersteuning van die private sektor, die sakegemeenskap en lynministeries in die nasionale reaksie tot die Covid-19-pandemie en die ontwikkeling van die plan as “ongekend” beskryf.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie