Nasionale byeenkoms vir BMX-talent ’n eerste
Fietsry
Die eerste Namibiese nasionale BMX kampioenskap word môre in Windhoek aangebied, met die voorste jong ryers uit verskillende streke wat hul vernuf op die proef sal stel.
Daar sal net twee ouderdomsgroepe wees – agt jaar en jonger, asook tien en jonger.
Die venue is by die Katutura jeugkompleks en die aktiwiteite begin om 08:00. Die jonges takel mekaar op ’n baan van nagenoeg 250 tot 300 meter met heelwat draaie, wat soortgelyk aan die Olimpiese BMX-item is.
Die byeenkoms is deel van die Namibiese Fietsryfederasie (NCF) se ontwikkelingspan om oor die volgende vyf jaar fietsry aan te moedig. Die BMX-items vir die jonges vanaf voetsoolvlak is ’n belangrike onderdeel van die beplanning.
Die “Kids on Bikes” projek word deur RMB Namibia en die FNB Namibia Holdings stigtingtrust aangedryf. Jongelinge van Omuthiya, Okahandja, Gobabis en Omaruru het oor die laaste maande in sulke geleenthede deelgeneem.
In al hierdie dorpe het afrigters opleiding van NCF-instrukteurs ontvang om te verseker dat hulle selfstandig byeenkomste kan reël sodat die projek in hul onderskeie gemeenskappe aktief bly. BMX-fietse en valhelms is ook danksy RMB Namibia oorhandig.
Afgesien dat elke betrokke streek môre sy voorste drie seuns- en meisies instuur, sal drie spanne uit Windhoek ook môre deelneem. Hulle is ’n gekombineerde Kayec/PAY span; ’n gekombineerde span van Vertigo BMX-klub en die laerskool Suiderhof, asook die Rock Hoppers.
Dit behoort die totale getal fietsryertjies op 80 te staan te bring.
Die BMX-fietsrykode toon deurlopend groei in Namibië. Die konstruksie van ’n bykomende baan in Windhoek word in die naby toekoms verwag.
’n Uitnodiging is ook van die wêreldbeheerliggaam, die UCI, ontvang om twee Namibiese onder 23-ryers na ’n BMX oefenkamp in Switserland te stuur.
Die landwye Kids on Bikes reeks het die afgelope tyd baie entoesiasme en ondersteuning ontlok. Veral die getalle jong meisies en die betrokkenheid van ouers en onderwysers was positiewe tekens.
Organiseerders het aangedui dat die projek volgende jaar uitgebrei gaan word om ook meer van die ouer ouderdomsgroepe by te voeg.
Die publiek is hartlik welkom om môre die byeenkoms by te woon wat tot omstreeks die middaguur sal voortduur. Die jonges sal in verskillende kategorieë meeding om hul vernuf op die proef te stel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie