Nasionale boomplantdag gevier
Nasionale boomplantdag gevier

Nasionale boomplantdag gevier

Gerine Hoff
Dundee Precious Metals op Tsumeb het onlangs nasionale boomplantdag saam met die Primêre Skole Francis Galton, St. Francis, Kuvukiland en Tsumeb English Medium op die dorp herdenk. Dundee het inheemse bome aan die skole geskenk wat deur die leerders geplant is. “Dit is belangrik dat kinders met die natuur in aanraking kom. Daarmee saam wil Dundee hulle oor die belangrikheid van plante en die bewaring van bome inlig,” het me. Violine Kavindjima namens die maatskappy gesê. Die skole het die gate vir die bome gegrawe en toe ebbehout, wilde olyf, witkaree, spekbome en worsbome geplant. Vier van bogenoemde inheemse bome is by elke skool geplant. Hier plant kinders van die Primêre Skool ­Francis Galton op Tsumeb bome ter ­viering van nasionale boomplant­dag. Foto verskaf

Kommentaar

Republikein 2025-05-31

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer