Nasa se 'sontuig' suksesvol gelanseer
'n Nasa-verkenningstuig wat inligting oor die son gaan insamel, is Sondag suksesvol vanaf Cape Canaveral in Florida, Amerika, gelanseer. Die tuig sal buitengewone hitte verduur terwyl dit verkenningswerk in die son se buite-atmosfeer doen. Die Parker Solar Probe, so groot soos 'n klein voertuig, is op 'n sending van sewe jaar. Die projek is genoem na die son-astrofisikus Eugene Newman Parker. Foto Nasa/Getty Images
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie