Narib bied atlete 'n kans
Narib bied atlete 'n kans

Narib bied atlete 'n kans

Atletiek
Die vierde been van die Ernst Narib Golden Spike-atletiekreeks word Saterdag by die Onafhanklikheidstadion in Windhoek aangebied.

Dié byeenkoms moes reeds in Maart afgehandel gewees het, maar is weens Covid-19-inperkingsmaat­reëls uitgestel. Die geleentheid behoort 'n verligting vir kinders vanaf 13 jaar, asook senior atlete te wees.

Die aksie word om 09:00 afgesit en twaalf items word beplan. Atlete kan vir 60, 150 en 300 meter naellope, 300 hekkies, asook 'n langer 600 m-uitdaging aantree. 'n 4x100- en 'n 4x400-aflos word saam met verspring aangebied. Medaljes kan gewen word.

Nog twee byeenkomste op 28 November en 12 Desember is deel van die reeks. Atlete kan per e-pos 'n in­skrywingsvorm by [email protected] of 081 344 4127 aanvra.

Kommentaar

Republikein 2026-06-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer