Nande storm na groot sege
Gholf
Likius Nande was onkeerbaar op stryk toe hy Saterdag en Sondag een van die land se mees gesogte amateurgholftoernooi gewen het.
Sy triomf met 13 houe voor sy naaste uitdager het mense na die rekordboeke laat soek om te kyk of enigiemand dié toernooi tevore só ver gewen het.
Die Klipdrift Gold Cup is, afgesien van die Namibiese Ope, die land se mees gesogte toernooi en wat reeds die meeste jare onafgebroke gespeel word.
By die Windhoek Buiteklub se baan het spelers in die A- en B-afdelings 54 putjies gespeel, terwyl die C-afdeling oor 36 putjies beslis is.
Die stryd vir die blink goue trofee het op 'n warm Saterdagoggend begin. Nande (145 houe) was ná die eerste dag met 'n reuseverskil van twaalf voor Gabriel Shikodi (157), met Gielie van Wyk nog twee houe terug (159).
Shikodi het op die Sondag sy ronde voltooi, maar is gediskwalifiseer omdat hy meer as tien minute ná die toegelate tyd vir sy eerste afslaan opgedaag het.
Shikodi het verlede jaar se toernooi met 'n ewe indrukwekkende bruto telling van 219 gewen.
Terselfdertyd het Nande die pap dik bly aanmaak en het uiteindelik op 220 houe 'n volle dertien voor die tweede geplaaste Gielie van Wyk klaargemaak.
Die Namibiese Amateur Gholfunie se verteenwoordiger, mnr. Corneels Jafta, het by die prysuitdeling die jarelange borg – Distell met sy handelsmerk Klipdrift, verteenwoordig deur mnr. Christiaan Swanepoel – uitgesonder vir hul steun aan Namibiese gholf.
Jafta het ook die hoop uitgespreek dat die groeiende getal jong spelers wat deurkom 'n positiewe invloed op Namibië se vlak van internasionale mededingendheid teweeg sal bring.
Op sy beurt het Swanepoel die verdere verbintenis van Klipdrift tot die 2018 Gold Cup bevestig. Hy het almal bedank wat tot 'n goed georganiseerde en genotvolle toernooi bygedra het.
Die lys van
pryswenners:
ALGEHEEL Beste bruto: 1 Likius Nande (kampioen), 2 Gielie van Wyk.
Beste netto: 1 Frans Katjimune; 2 XL Zhang.
A-AFDELING: Beste bruto: 1 Damien Da Silva, 2 C. Hanamub. Beste netto: Corneels Jafta.
B-AFDELING Beste bruto: 1 J. Katti. 2 Marko Vollgraaff. Beste netto: 1 Joseph Martin, 2 Sakkie Mattheus.
C-AFDELING Beste bruto: 1 Ian Wood, 2 Joseph Martin. Beste netto: 1 John Hesekiel, 2 Claud Abrahams.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie