NamWater mors glo op Rehoboth
Onaanvaarbaar, sê raadslid
Catherine Sasman - Inwoners wat in Blok F van die maatskaplike behuising op Rehoboth woon, het Vrydagoggend verdwaas toegekyk hoe twee mans van NamWater drinkwater uit ’n 10 000 liter-tenk in die strate laat uitloop het.
Inwoners het omstreeks 10:00 gebel en gesê die mans het met ’n bakkie opgedaag, die kraan van die tenk oopgedraai en die water laat uitloop.
By navraag het die mans blykbaar geantwoord dat die water nie meer nodig was nie aangesien watertoevoer na die dorp herstel is.
Mnr. Lennie Pienaar, dorpsraadlid van die United People’s Movement (UPM) wat inderhaas na Blok F gery het om te sien wat aangaan, was onder die indruk die munisipaliteit het kennis van die voorval gedra aangesien dit dié instansie was wat “die mense se water afgesny het”.
“Dit is onaanvaarbaar terwyl ons so ’n watertekort ervaar,” het Pienaar gesê.
Die dorpsraad was egter skynbaar onbewus van die watervermorsing. Die dorpsklerk, mnr. Chris /Uirab, was met verlof terwyl me. Jennifer Kays, wat in sy pos waargeneem het, in Windhoek was.
’n Bron by die munisipaliteit het egter gesê die dorpsraad was nie ingelig oor die watertenks wat laat leegloop is nie.
Dié bron het ook gesê NamWater het laat weet die water, wat vir ongeveer ’n week reeds in die tenke was, is nie meer geskik vir menslike gebruik nie.
Amptenare by die NamWater-kantoor op Rehoboth het egter gesê die gehuurde watertenks wat aan strategiese plekke soos die hospitaal, skole en die seniorpark verskaf is, moes leeggemaak word sodat dit aan die eienaar op Okahandja terugbesorg kon word.
Een van die amptenare het gesê die dorpsraad moes met inwoners gekommunikeer het om seker te maak dat al die water wat uit die tenks uitgetap is, opgeskep kon word.
“Ons het mense gevra om emmers te bring om water vir hul plante of enige ander gebruik te kom volmaak. Die mense het egter niks gedoen nie,” het mnr. Johannes Andunge van die NamWater-kantoor gesê.
Hy het gesê die dorpsraad het niks te doen gehad met die watertenke nie en dat daar nie ’n gepaste plek was waarheen die oortollige water gelei kon word nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie