Namvet las optog af

Teistering aangevoer

15 August 2018 | Politiek
Catherine Sasman - Hoewel die oudsoldate van die Namibiese Oorlogveteranetrust (Namvet) Maandag hul beplande optog na die parlement afgelas het en nie ‘n petisie aan die speaker, prof. Peter Katjavivi, oorhandig het nie, duur ander protesaksies vandeesweek voort.

Voormalige lede van SWAFT en Koevoet sê het hulle het besluit om die petisie met hul griewe nie aan Katjavivi te oorhandig nie, aangesien hulle meegedeel is hy is betrokke by die 38ste SADC-beraad, wat tans in Windhoek plaasvind.

Hulle beplan egter om die petisie vandag by die parlement aan die nege opposisiepartye met setels in dié huis te oorhandig.

Môre sal hulle ‘n optog na die Suid-Afrikaanse hoëkommissariaat met dieselfde doel hou.

Namvet sê daarbenewens beplan hy Saterdag ‘n massavergadering van oudsoldate, met duisende van sy lede wat in Windhoek sal saamtrek.

Mnr. Jabulani Ndeunyema, Namvet se woordvoerder, het Maandag gesê die organisasie se tussentydse komitee het die naweek vergader ná inligting ontvang is dat streeksbevelvoerders van die weermag en polisie versoek is om soldate en polisiebeamptes na Windhoek te stuur om sy beplande veldtog te voorkom.

Dié bewering is ten sterkste deur die hoof van die polisie, lt.genl. Sebastian Ndeitunga, ontken.

“Dit is nie waar nie. Die inligting is opgemaak en nie waar nie,” het hy by navraag gesê.

Lt.kol. Petrus Shilumbu, woordvoerder van die weermag, se reaksie was die volgende: “Dit is vir my nuus. Daar is geen waarheid in die bewering nie. Waarom sal die weermag troepe ontbied as daar nie troepe in die Khomasstreek is nie. Mense moet ophou om gerugte te versprei. Die ministerie van verdediging weet nie van so ‘n oproep aan sy lede nie.”

Ndeitunga het wel ‘n beroep op Namvet gedoen om nie tussen 13 en 20 Augustus, terwyl die SADC-beraad aan die gang is, optogte te hou nie. “Ek sal hulle nooit verbied om te mars solank dit goed georganiseer is en vreedsaam geskied nie,” het hy dadelik bygevoeg.

Ndeunyema voer aan Ndeitunga het met die Suid-Afrikaanse hoëkommissariaat geskakel en hulle verseker die optog sal nie plaasvind nie.

“Ndeitunga het geen reg om namens ons op te tree nie. Dit laat ons glo hy is ‘n politikus in uniform,” het Ndeunyema gesê.

Ndeitunga het dit ontken, asook dat beamptes in die gebied rondom die Kommandosaal in Katutura patrolleer, waar die oudsoldate reeds vir langer as twee jaar uitkamp om hul stemme rugbaar te maak.

“Ek het nie die tyd of die manskappe om mense daar te ontplooi nie. Hul uitkampery daar is anargie. Hoekom kan hulle nie net hul menings laat hoor en huis toe gaan nie? Hulle het ‘n openbare oorlas geword; die toestande daar is onhigiënies.

“Hul reg op vryheid van spraak moenie inbreek maak op ander se regte nie. Dit is tyd dat hulle huis toe gaan. Hulle kan van daar af hul menings lug. Ons wil hulle halfpad ontmoet,” het die polisiebaas gesê.

Soortgelyk

 

‘Aarde lag deur haar gebarste gesig’

15 ure gelede | Weer

Ronelle Rademeyer – Groot dele van die Suide is vanoggend (Saterdag) sopnat.Die Facebook-blad Reën in Namibia van Philip Deetlefs is die ene jubelsange van dankbaarheid...

‘Aarde lag deur haar gebarste gesig’

15 ure gelede | Tuisblad

Ronelle Rademeyer – Groot dele van die Suide is vanoggend (Saterdag) sopnat.Die Facebook-blad Reën in Namibia van Philip Deetlefs is die ene jubelsange van dankbaarheid...

Parlement skop Woensdag sy werksaamhede af

1 dag gelede | Regering

Pres. Hage Geingob open Woensdag om 14:30 die Nasionale Vergadering se verrigtinge vir die jaar. Dit sal die negende sitting van die sesde parlement inlui.Die...

Registrasiefooie by NUST nou N$2 000 minder

1 dag gelede | Onderwys

Die Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust) se registrasiefooie is met N$2 000 van N$4 200 tot N$2 200 verminder. Dit volg nadat ouers en...

Man sterf in ongeluk naby Rehoboth

1 dag gelede | Ongelukke

‘n Man is Woensdag op slag dood nadat die voertuig waarin hy op reis was, die pad verlaat en omgeslaan het. Volgens die polisie se...

Grondwet mag nie ‘papierdroom’ wees

1 dag gelede | Mense

Ronelle Rademeyer - “Ons kan almal baie dankbaar wees vir die Grondwet wat ons geskryf en eenparig aanvaar het. Namibiërs se vryheid en beskerming lê...

Groter stoom vir TransNamib

1 dag gelede | Vervoer

font face="Verdana" > Augetto Graig - Die nasionale spoorwegonderneming TransNamib het ’n nuwe raad en strategiese besigheidsplan aangekondig waarmee die onderneming ’n nuwe rigting...

NSFAF: Finale betalings voor 28 Februarie

1 dag gelede | Onderwys

Die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) het alle geld ontvang wat aan studente vir 2018-’19 uitbetaal moet word. Volgens die fonds het die verwerking...

Weer, Vrydag 8 Februarie 2019

1 dag gelede | Weer

BINNELAND: Sonning en bloedig warm in die verre noordweste. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm wees met enkele tot wydverspreide donderbuie.KUS:...