Namport se kapasiteit kry hupstoot

N$4,2 miljard bestee

05 August 2019 | Vervoer
Leandra Louw – Namport se splinternuwe vraghouerterminaal op Walvisbaai is Vrydag amptelik deur pres. Hage Geingob ingewy.

Die terminaal is teen N$4,2 miljard opgerig en verdubbel die hawe se kapasiteit.

Die verskuiwing van tussen 2 500 en 3 500 vraghouers van die ou houerterminaal af vind van 17 tot 23 Augustus plaas.

Geingob het tydens die amptelike opening gesê die geriewe moet ten volle tot Namibië se voordeel aangewend word.

“Ons moet dié oomblik van groei en ontwikkeling aangryp om die ontwikkeling van Walvisbaai se waterfront te bespoedig,” het hy gesê.

Die president het voorts gesê ‘n belofte is aan Namibiërs gemaak om ekonomiese groei, werksgeleenthede en vooruitgang vir alle Namibiërs te verseker.

“Die projek is ‘n aanduiding van ons toewyding om ‘n verenigde, ontwikkelde en moderne Namibiese huis te bou,” het hy gesê.

Die goewerneur van die Erongostreek, mnr. Cleophas Mutjivikua, het uitstekende kliëntediens beklemtoon en gemaan alle rolspelers moet onverpoos werk om Walvisbaai se hawe een van die mededingendste hawens in Afrika én wêreldwyd te maak.

Volgens mnr. Li Yin, visepresident van China Harbour Engineering Company (CHEC), was die nuwe houerterminaal die maatskappy se uitdagendste projek tot dusver.

Dit het meer as 100 kenners uit 30 lande betrek en vier miljard werksure tydens die bouproses ingesluit.

Die projek het meer as 2 000 werksgeleenthede aan Namibiërs verskaf en CHEC het N$1,2 miljard aan die plaaslike mark bestee, en N$200 miljoen se steun aan die ontwikkeling van klein- en mediumsakeondernemings gebied.

“Ek glo die projek sal die manier waarop Nambië sake doen, verander en die land na hoër hoogtes neem. Namibië word beskou as een van die beste lande in Afrika om mee sake te doen,” het hy gesê.

Yi het gesê Namibië sal verder in grootskaalse infrakstruktuur moet belê om Visie 2030 te bereik.

“Namibië sal sy spoor- en padnetwerk en varswaterhulpbronne moet opgradeer om in nywerheidsbehoeftes te voorsien, asook groter lughawens moet bou om aan die toerismebedryf se vereistes te voldoen.”

Die projekbestuurder van die nuwe houerterminaal, mnr. Elzevir Gelderbloem, het gesê verskeie projekopsies is ontleed voor die hawe verder op land uitgebrei is.

“Deur die hawe só uit te brei, is werksaamhede by die hawe tydens konstruksie minimaal ontwrig en groot ruimte vir verdere uitbreiding gelaat,” het hy gesê.

Volgens Gelderbloem wys hersiene vooruitskattings van verkeer die huidige kapasiteit is voldoende vir die volgende paar dekades.

Wanneer 65% van die huidige kapasiteit bereik word, sal ‘n nuwe projek volgens hom weer geïmplementeer word om die kapasiteit vir die hantering van houers te verhoog.

[email protected]

Soortgelyk

 

Teko-trio vrygespreek

8 ure gelede | Howe

Ronelle Rademeyer - Die sakevrou, me. Teckla Lameck, en haar twee vennote, mnre. Yang Fan en Jeroboam (Kongo) Mokaxwa, is vanoggend in die hoërhof in...

Moenie polisie-, weermaglede verfilm nie

18 ure gelede | Regering

Die ministerie van verdediging het lede van die publiek gewaarsku om nie foto’s of video's van lede van die Namibiese polisie of die weermag (NDF)...

Dokters wis nie van voorskrifte

18 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht Geen amptelike kennisgewing is aan lede van die twee grootste verenigings vir dokters in die land uitgestuur oor die herske­dulering van medikasie, insluitende...

Regering kry skuld vir SOE-gemors

18 ure gelede | Regering

Denver Kisting Die regering is 'n swak aandeelhouer.Só het die adjunk- uitvoerende direkteur van staatsdiensondernemings, me. Louise Shixwameni, gister op die ontbytprogram Good Morning Namibia...

Teenstropery: 280 polisielede veg saam

18 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg Altesaam 280 polisielede van oraloor die land word in teenstropingseenhede op 'n driemaandelikse roteringsbasis in die Palmwagkonsessie en die Etosha en Bwabwata Nasionale...

Meer as N$350 000 se goedere kry voete

18 ure gelede | Misdaad

Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het skelms Woensdag om 14:00 die venster van 'n voertuig in Windhoek se noordelike nywerheidsgebied stukkend geslaan. Die insittende...

Weer vir 18 September

18 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Baie warm toestande sal oor die binneland voortduur.BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en bloedig warm in die Suide, andersins sonnig en baie tot bloedig warm.KUS: Bewolk...

Konferensie fokus op gehalte-onderrig

18 ure gelede | Onderwys

Die Nasionale Raad vir Hoër Onderrig het, in vennootskap met die Namibiese Kwalifikasie-owerheid en die Universiteit van Namibië (Unam), die Universiteit van Wetenskap en Tegnologie...

'n Kolwyntjie vir Nadine

18 ure gelede | Plaaslik

Tanja Bause'n Elfjarige meisie van Windhoek het verlede jaar tydens die Internasionale Dansfees in Suid-Afrika stof in ander deelnemers sê oë geskop, en is hard...