Namibwoestyn in die agtergrond

Leandrea Louw
Die B2-roete tussen Walvisbaai en Langstrand is Woensdag tussen 07:00 en 19:00 vir intervalle van 15 minute gesluit vir die verfilming van ’n internasionale reeks waarby groot name in Hollywood na bewering betrokke is.

Dié reeks is glo The Power, ’n opkomende Britse riller-drama-televisiereeks wat deur Naomi Alderman vir die Amazon Prime Video-stromingsdiens geskep is en gebaseer is op Alderman se gelyknamige 2016-roman. Die eerste seisoen sal na bewering uit tien episodes bestaan.

Namib Film, ’n produksiemaatskappy in Swakopmund wat internasionale TV-produksies fasiliteer, het die tonele vir die reeks verfilm. Me. Nadia van den Heever, die produksiebestuurder van Namib Film, het bevestig die maatskappy het toestemming gekry om die pad te gebruik.

Die res van die besonderhede oor die verfilming is nog in geheimhouding gehul.

FOTO’s Leandrea Louw

Kommentaar

Republikein 2025-09-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer