Namibiërs vind geluk op eiland
Agt Namibiese swemmers het vandeesweek met een nuwe Namibiese en agt byeenkomsrekords vanaf Beau Basson in Mauritius teruggekeer waar hulle vanaf 20 tot 23 April aan die 14de Cana Sone lV-kampioenskappe saam met 12 ander lande deelgeneem het.
Die ander teenwoordige lidlande by die Confédération Africaine de Natation Amateurgala (Cana) se byeenkoms, was Angola, Botswana, Kenia, Malawi, Mauritius, Mosambiek, Seychelles, Suid-Afrika, Tanzanië, Uganda, Zambië en Zimbabwe. Hoopvolle swemmers van Angola en die gasheerland kon nog met dié kampioenskap vir die 2016 Olimpiese Spele in Rio de Janeiro, Brasilië kwalifiseer.
Hoewel die Namibiese span klein was, kon hulle algeheel agtste geëindig. Die toergroep bedank al sy borge en die ouers wat hulle ondersteun en die reis moontlik gemaak het.
Die 15-jarige Ronan Wantenaar het in die finaal vir seuns 15-16 jaar die Namibiese 50 m borsslagrekord verpletter toe hy Byron Briedenhann se ou tyd van 32.37 sekondes tot 31.64 verbeter het om ’n silwermedalje te verower.
Wantenaar het ook die Cana-rekord in die 200 m rugslag met ’n tyd van 2 min 18.97 sek met ’n goue medalje agter sy naam geskryf. Hy het ook ’n silwer in die 50 m (29.22 s) en 100 rugslag (63.91 s) opgeraap en brons in die 200 m borsslag (2 min 35.43) verwerf.
In die 17 jaar en ouer afdeling het die 17-jarige Zanré Oberholze drie Cana-rugslagrekords in die 50 m (31.16 s), 100 m (66.10 s) en 200 m (2 min 24.12) laat spat en haar vierde goud met die 50 m vryslag (29.44 s) ingepalm terwyl sy in die 100 m vryslag (63.99 s) brons behaal het.
Behalwe dat Antonia Roth (17 jaar en ouer) in die 3 000 m oopwateritem die goue medalje verdien het, het sy ook ’n Cana-rekord in die 200 individule wisselslag (goud, 2:31.06) behaal. Haar tweede goud het ná die 200 borsslag (2:44.79) om haar nek gehang. Verder swem sy twee silwermedaljes in die 100 m (68.97 s) en 200 rugslag los terwyl sy ook derde in die 100 m borsslag eindig.
Die 16-jarige Kiara Schatz (16-17 jaar) het haar kant met ’n goud gebring toe sy met ’n tyd van 2:13.95 die 200 vryslag oorheers en ook ’n silwer in die 100 vlinderslag bewerkstellig het.
Die 100 m-vryslagitem bring vir Zuné Weber (15 jaar) goud in 62.16 sekondes. Vir haar tweede goud stel sy ook ’n nuwe Cana-rekord in die 50 vryslag (27.83 sek) vir meisies 15 tot 16 jaar op en wen brons (72.90 sek) in die 100 en 50 rugslag (32.94 s).
’n Groot verrassing was Dewald Nell se 2 min 19.95 sekonde wat hy in die 200 individuele wisselslag vir seuns 15-16 jaar behaal, wat goud asook ’n nuwe Cana-rekord aan hom besorg het.
In sy ander items het Nell sy tye verbeter en vierde met 56.92 s in die 100 m-vryslag geëindig.
In die 3000 m oopwaterafdeling swem hy mededingend en oes silwer met sy tweede plek.
Nell eindig net-net vierde in die 200 m borsslag met ’n goeie tyd van 2 min 35.70 sekondes.
In die afdeling vir meisies 13-14 jaar verbeter Ju-Ane Oberholzer haar persoonlike beste tye in al haar dissiplines en wen ’n bronsmedalje met ’n tyd van 33.58 s in die 50 rugslag. In die 200 rugslag vaar sy nóg beter toe sy 6.51 s vinniger as haar ou tyd aan die muur raak om in 2:32.98 die silwer te verower.
Vir René Viljoen wat aan 13 items vir seuns 13-14 jaar deelgeneem het, was die kampioenskap ’n goeie leerskool. In die 50 vlinderslag eindig hy met ’n tyd van 29.16 s in die vierde plek wat ’n skrale 0.07 s stadiger as Jacques Malan van Suid-Afrika (29.09) is.
In die 100 vlinderslag ondervind die jong Viljoen weer strawwe kompetisie, maar slaag daarin om vierde (66.63 s) klaar te maak en ook soos in die ander items sy tye te verbeter.
- Eie berig/Rentia Meyer

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie